Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2010-12-03

Tim, Sue en Bethany (en Mathew)

Ons het gou 'n draai by die Ellii gaan maak om vir Bethany te ontmoet
en pienk kleertjies te gee. Sy lyk baie rustig, maar so vrek klein.
Ons albei is nou weer va voor af uitgefreak oor die storie. Maar
hierdie bus gaan nie stop voor ons by die bestemming is nie, so daar
is vir nie een van ons twee kans om af te klim nie. Hou vas ...

Senuwees

Net vanoggend het ek nog sterk gevoel en geweet ons gaan oraait wees
met wat en wie kom.

Nou is dit weer bietjie anders. Senuwees knaag maar lekker, maar ek
weet nog steeds ons gaan oraait wees. Miskien is dit 'n vorm van
opgewondenheid...

Laaste bietjie Cramming

Met Anné gaan dit nog baie goed. Sy kry net warmer as gewoonlik.
Gister was sy net 'n bietjie flouer as gewoonlik.

Die reëlings is getref vir Maandag; ons is tweede in die ry vir 'n keiser dan.

Ek het eergisteraand gaan balle slaan en gisteroggend voor werk saam
met Lourens gegaan vir 'n paddle agter 'n branderry aan. Gisteraand
het ek nog gou gaan 'n klein bak balle ook slaan voor ons na Marna se
lekker kerspartytjie toe is. Vandag gaan seker redelik rustig wees,
maar more is dit Bell Club Champs en ons gaan by Eben en Nicolette
hulle eet.

'n Behoorlike crammery,maar dit voel nie te rof nie.

Ek wonder wat presies lê vir ons voor, maar ek gaan gou genoeg uitvind...

2010-12-01

Voorgespring

Tim en Sue se dogtertjie is laas nag gebore. Sue was mos eintlik
geboek om ook Maandag vir haar keisersnit te gaan saam met Anné. Hulle
het gepraat om te probeer om 'n kamer te deel, maar dit is uit die
aard van die saak nie meer moontlik nie. Toe Anné gister die SMS kry
dat Sue op pad is hospitaal toe en dat hulle nie saam die ding sou kon
doen nie het sy so met 'n bietjie deernis en teleurstelling net gesê
"Aaauw".

Ek is baie bly vir die Ellii en saam met hulle opgewonde oor die dogtertjie.

Ek het gister my laaste tydtoets vir die jaar gaan hardloop. Vroulief
het amper die hele dag kos gemaak vir nadat baba gekom het, lekker
herderspastei en hoenderpastei.

Ons moet nog die stoeltjie in die kar sit om te verstaan hoe werk hy
voor Baba kom.

Die slapies raak nou min!

2010-11-30

Eerste Inskrywing

Ek wou graag gister al die eerste inskrywing gemaak het - 'n week voor Babe#1 se "geskeduleerde" aankoms. Ek weet nie of dit luigeit of wat is nie, maar dinge gebeur net nie op die tyd wat ek wil hê dit moet nie. Dit voel of ek rustiger by die werk is en ek is seker dat as baba kom, dit nog meer die geval gaan wees.

Kom werk om te rus!

Ek is op my senuwees, ek is opgewonde, ek is "bang", ek is bly, ek is hartseer. Ek hoop maar dat as sy kom al hierdie emosies met iets groters vervang sal word. Ek HOOP net so en probeer om nie staat te maak op so iets nie. Ek moet sê dat dit wel voel of 'n nuwe ding in my lewe aangepak word, 'n nuwe hoofstuk. Ek en Anné het vinnig bietjie daaroor gepraat en sy voel ook maar so 'n mengelmoes van emosies en ek dink die "bottomline" is dat ons nie eintlik weet wat vir ons voorlê nie. Ons weet darem dat ons dit saam kan aanpak, saam kan beleef en dit saam 'n dag op 'n slag sal benader.

Nou ja, daar is ander huis admin waarby ek nie gisteraand uitgekom het nie wat ek nou in teetyd wil doen by die werk.