Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2012-02-19

Mooimooi maak 'n Plan

Ek en Elsoné had maar 'n dag van oppe en affe - sy is definitief nog nie 100% gesond nie en voel ook nie altyd so lekker nie, maar hierdie het my dag gemaak...

Ek en sy het die normale geveg geveg om kos in haar lyfie te probeer kry (wat gepaard gaan met heelwat spelery en rondbeweeg). Toe sy genoeg geëet het besef ek dat sy waarskynlik dors sal wees na al die gespook en los haar toe in die lapa om nog 'n bietjie te speel terwyl ek vir haar 'n "Pump"-bottel gaan voorberei met 'n bietjie water.

Toe ek "uiteindelik" (45 sekondes later) by haar kom met die bottel water het dit wat ek gesien het my my kop laat skud en my mond laat oophang. Sy het in daai kort rukkie gekruip vanaf die lapa na die trap oppad na die leefareaskuifdeur waar ek vroeër die gewasde joghurtbakkie gelos het. Sy het die bakkie gevat, water uit die swembad geskep en haar dors begin les! Ek kon dit nie glo nie en een van die gedagtes wat by my opgekom het is die wonder van die skepping.

Ek was gelukkig genoeg om van dit so bietjie op beeld vas te lê:

Die oomblik toe sy sien ek sien hoe
oulik sy is.

Oppad swembad toe om die volgende sluk te kry

Die volgende sluk word onttrek

Hier is 'n bietjie video van die hele storie ook: