Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-03-31

2011-03-30

O ja, in die arms aan die slaap raak

Ek het dit nou vanaand vir die eerste keer beleef dat Elsoné in my arms aan die slaap is. Van kleins af (sy is nog klein, ek weet) het ons haar neergesit net voor sy heeltemal slaap, so ek het haar nog nooit vasgehou terwyl sy slaap nie.

Toe ek haar netnou uit die stoeltjie uithaal het sy so bietjie wakker geword, maar toe gou weer so op my skouer aan die slaap geraak. Haar slap lyfie was ekstra slap, en ek het haar amper in haar eie bed laat val omdat sy so vreemd gevoel het.

Maar dit was lekker toe sy so rustig op my skouer geslaap het terwyl ek haar kamer toe gedra het.

Vyf Ure Later Leef Ons Nog

Ek het by die huis gekom en Elsoné het mos 'n bietjie geslaap sodat ek kan op datum kom met die blog en gemaklik hierdie meer gereëlde inskrywings kan maak. Ek het die vorige inskrywing gemaak en daarna begin om "Hitchhiker's Guide To The Galaxy" te luister op youtube, met my een oog op die Indië vs. Pakistan wedstryd.

Toe Mooimooi wakker maak het ons ons hardloop "kit" aangetrek en so ses kilos om die blok gehardloop. Sy moet baie fiks wees, want sy het nie eers vinnig asem gehaal nie. Terwyl ons besig was wou Tim per SMS weet hoe laat ons kom vir aandete. Dit was so rondom 17h15. Ek was onder die indruk dat die reëling was dat hulle vyfuur sal eet en ek na Elsoné se badsessie (so 18h30) kan kom. Maar ek en Tim had weer 'n kommunikasiegaping en hy het gedog ek kom voor ek vir Elsoné bad.

Ek het toe by die huis gekom, gou deur die swembad gespring om te probeer afkoel, Elsoné getroos en gebad. Sy het toe sommer maklik gedrink, omtrent 80 - 100 ml, maar die afspraak met die Ellii het op my senuwees gewerk.

Ek was toe op die ou end so 18h35 by hulle gewees en Elsoné was bietjie omgekrap. Ek het haar sommer so in die karstoeltjie op die stootkarretjie gelaai en met die fopspeen en haar spoegdoek getroos en sy het sommer gou rustig geraak en geslaap, iets wat Tim en Sue albei waardering voor uitgespreek het, want hulle twee kleingoed is blykbaar nie so maklik om rustig te kry vir slaaptyd nie.

Sue het baie lekker bobotie gemaak. Sy sê dis een van die min "Kook en Geniet" resepte wat sy nog maar net soos dit in die resepteboek staan maak. Ek wou nie te lank kuier nie, Tim en Mathew is albei siek en ek is ook heel moeg, maar dit was lekker om sommer gou daar te kon gaan kuier en aandete te eet.

Elsoné slaap nou, kom ons hoop maar dit gaan oraait - ek dink sy sal vroegoggend wakker word, want Anné reken sy het nie so goed vandag gedrink nie. Ek het met haar gepraat toe sy op die vliegtuig sit. Sy vlieg vanaand besigheidsklas in 'n A380 met Lufthanza na Frankfurt!

Fotos: Probeer Inhaal

Ek het agter geraak met die gebloggery. Heelwat het intussen gebeur, en ek praat nie net van die Proteas se poging om deur te dring na die halfeindrondte van Krieketwêreldbeker 2011 of die aardbewing en tsoenami in Japan nie.

Die fotos vertel nie so baie nie, maar tog 'n deel.

Sommer net iets wat ek moes afneem

 Belinda-hulle se twee dogtertjies (uit fokus, beweeg)

Lekker gekuier, al was dit net een aand.

Elsoné lag vir haar Ouma terwyl daar gebad word
More sê in Oupa en Ouma se bed
Baai- baai-sê-foto

Tussen Piet Retief en Pongola, 'n goeie deel van die pad

Ek en Tim het ook die naweek wat verby is 'n "kleedrepetisie" van die two oceans marathon gehou. Ons het in so 40 ure 'n bietjie meer as die marathon se totale afstand gedoen in drie sessies:
Deel I
Deel II
Deel III

En nou is ek en Mooimooi alleen by die huis. Ek het netnou vir Anné en DrC. by Richardsbaai lughawe gaan aflaai. Hulle gaan vir die naweek Praag toe vir 'n konferensie. Ek sien kans vir alles, ek weet net nie hoe ek geoefen gaan kry nie.