Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-07-16

Fotos: Lekker Baie Fotos

Sommerfotos

Sommer net 'n oulike fototjie van 'n oulike Mooimooi

Lê lekker by Mamma voor sy begin regmaak vir werk

Elwica en Herman se Kuier

By Mapelane 'wyl ons regmaak vir piekniek
Elwica en Herman het voorlaasweek vir ons kom kuier. Hulle was Vrydag al hier en het lekker hier gekuier tot Woensdag (6 Julie). Ons het die naweek so bietjie Mapelane toe gegaan op die Saterdag om te gaan piekniek hou en die Sondag was ons wildtuin toe. Dit was Elsoné se eerste regte blootstelling aan buiteliglewe wat ons so geniet.

Oom Herman en Tannie 'Wica kuier bietjie saam met Mooimooi  - Pa  braai eier en spek

In die Wildtuin

Betyds vir sonop in die wildtuin

By Mpila kamp het ons koffie gedrink. Maar dit was koud en die son wou nie lekker skyn nie.

Middagete (worsbroodjies) by die piekniekplek reglangs die Hluhluwe-rivier
Sommer nog 'n "bosfoto"


Dit lyk of ons die dag geniet het...
 Die dag was eintlik nogal heel produktief. Ons het nie verskriklik baie wild gesien nie, maar Anné was gelukkig genoeg om 'n luiperd te sien toe ons oppad uit die park is. Ons het vroegerig die oggend al leeus ook gekry. Daar was heelwat witrenosters te sien en ons het 'n hele paar keer buffels ook gesien. Ons het net uitgemis op Oom Olifant, ai.
Hierdie drie zebra's was baie op hulle senuwees
waar Anné die luiperd gewaar het.
Kyk die wond op die vulletjie se
agterbeen ... is dit deel van die storie?

Sprinkaanvoëls en Buffels oppad uit die wildtuin uit naby die boonste hek van Hluhluwe kant

Lang Hare

Lawwe gesig  met woeste babahare
Pa en Mooimooi se hare het begin rof raak. Hierdie twee fotos is geneem die dag voordat myne (en Elsoné s'n sou ook) gesny is.

Pappa en Mooimooi se krullebosse





Net Pappa en Mooimooi

Die nadrag van 'n eerste Pappa-voersessie
Ek het laasnaweek so bietjie te sê gehad hier op die blog oor die feit dat ek en Elsoné weer 'n naweek net mekaar se geselskap gehad het - Anné was mos Johannesburg toe vir 'n konferensie (klink meer of dit 'n geveg was).

Ek en Elsoné het lekker rustig naweek gehou, maar ek het weer besef dat dit eintlik 'n voltydse ding is om na haar te kyk - nie dat 'n mens omgee nie.

Ek het kans gehad om haar te voer, iets wat ek eintlik nog nooit gedoen het tot laas naweek toe nie en dit was uit die aard 'n bietjie van 'n leerkurwe maar ook lekker op 'n manier.
Ek het haar aan die koei voorgestel,
en sy het dit nou geniet...

Anné was darem al 11h25 terug Sondagoggend en die Weichs was die afgelope twee weke op vakansie in Ballito, so hulle het Sondag ook 'n bijetjie vir ons kom kuier.

Die Weichs het ook kom kuier en Riechard en Ruan kon 'n
nuwe maatjie maak.



En Verder?

Die maan het mooi kringe gemaak Maandagaand - ek kon
darem 'n gawe foto daarvan maak.

Met die dat Elsoné se hare toe nie saam met myne gesny
is nie, het Anné dit toe maar self 'n bietjie ge-"trim".

Sy sit te oulik in die bad, haar bene maak'n
diamant "<>" onder haar en sy sit al
lekker sterk so.
Hoe kon ek nie hierdie foto oplaai nie...



Daashy, ons albei se hare 'n bietjie ge-"trim"...