Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-03-04

Sy vat houe

Met die vorige inentingsessie het sy maar net 'n bietjie huilerig geraak, maar vandag is dit anders. Sy het gegaan vir rondte twee vandag en vat dit verseker nie so goed soos laas nie. Sy kry nie lekker geslaap nie en tot nou toe het die Panado-stropie nog nie veel gehelp nie.

Ons hoop maar as haar magie vol is en sy het rustig geraak sal sy lekker kan slaap. Sy het definitief rustiger geraak nadat sy gebad het, so kom ons hoop sy kan goed slaap ook - dit sal haar baie goed doen.