Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-09-18

Fotos: Seetoe vir 'n "change"











Posted by Picasa

Fotos: Nuwe Fase

Ek het 'n slegte blogger geword. Ek sê nie veel en laai net fotos op met die hoop dat die fotos die hele storie sal vertel ... en hulle doen nie.

Dit was nie lank na die vorige inskrywing wat ek begin voel het ek moet skryf dat Elsoné definitief 'n nuwe fase binnegegaan het nie. En dit was 'n fase van om 'n babatjie te wees na iemand meer as net 'n babatjie. Ek kan onthou hoe ek hartseer daaroor gevoel het, maar as ek nou daaraan dink is dit al weer iets waarmee ek kon begin vrede maak.

Sy het intussen begin om hande te klap en om te waai - op daai stadium sou ek my dit nog moeilik kon indink. En dit is nou al weer 'n maand en 'n half later. Dinge begin nou vinnig vorder; sy is sweerlik naby aan kruip. Daar is twee tekens:

  1. Sy is al verby die punt om op haar hande en knieë te staan ... nee, dis nie goed genoeg nie ... sy kom al hande viervoet, maar sukkel om vorentoe te gaan uit daai posisie.
  2. Haar pa het al amper traliehekke vir die skuifdeure na die swembad bestel, en soos ek hom ken sal hy net betyds dit gedoen kry om die installasie so twee dae nadat sy begin kruip het te laat gebeur.
Die feit van die saak is sy is nou al heelwat meer as net 'n pap ou babatjie. En, die ander feit van die saak is sy bly 'n plesier. Sy is nog steeds baie gesond en baie tevrede en gaan maar net vorentoe in die lewe op haar manier en op haar pas. 

Eergister het sy met haar hand teen die bad se rant gesit terwyl ek haar gebad het en haar handjie het so 'n bietjie gegly. Dit het toe so 'n gly geluid gemaak wat 'n badrant en 'n nat hand kan maak. Sy het dadelik besef wat gebeur het en vir my geglimlag en begin om haar hand so heen en weer te gly teen die bad om die geluid te herhaal ... sy't dit geniet en ek het dit geniet om dit te sien gebeur.

Hier is 'n paar fotos (en selfs 'n video) ook wat ek hoop sal help om die storie so 'n bietjie in te kleur: