Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-02-25

Teken in met vonkpos

Ek het uiteindelik die moeite gedoen om dit moontlik te maak om op datum te bly met die blog via vonkpos. Tik jou vonkpos adres in by die "WORD 'N VONKPOS INTEKENAAR AFDELING" of kliek hiersô:

Jy sal dan 'n vonkpossie kry wat wil weet of dit jy was wat wou inteken op hierdie blog. As dit jy was, kliek net op die skakel in die vonkpos wat so iets lyk:
http://feedburner.google.com/fb/a/mailconfirm?k=TYO14jahM45kwR1YkuMgoGB_M-Y

Jy behoort dan van daar af al my nonsenspratery in jou ienboks te kry.

2011-02-23

Ons Eie Mensie

Ek het maar lui geraak met die gebloggery, maar dit gebeur darem nog so nou en dan en ek hou aan om myself daaraan te herinner dat ek die tipe ou is wat oor vyf jaar daarna gaan kyk en dit waardeer. Ek sal dit ag as iets van onskatbare waarde en baie bly wees ek was die een wat kon vasbyt en 'n 10 of 15 minute afknyp om te seg hoe dinge nou staan.

En soos dit is het ek nie regtig veel op die hart nie - net nog 'n teken van die luiheid.

Wat wel ges^e moet word is dat ons die naweek wat verby is verskriklik gemuf het. Ons het net mooi niks gedoen nie. Maar dit was hemels. Ons het die PVR gekyk dat sy wange induik. Toe die naweek begin was hy vol - 97%. Toe die naweek verby was het die syfers omgeruil na 79% toe. Die feit van die saak is dat ons niks het om te wys vir die naweek wat verby is nie. Ons het skaars ander klere as slaapklere aangehad, dammit.

Maar daar was 'n mate van sin daarin. Saterdag het Elson'e saam met ons deurgebring, daar op die banke in die TV kamer. Sy het omtrent die hele dag op Ann'e se bank deurgebring en ek het ten minste 'n halfdosyn kere gedink hoe dit anders is as vorige naweke wat ons so verskriklik gemuf het. Hoe Ann'e die hele tyd moet toelaat dat haar aandag by die TV gebreek moet word vir Elson'e se onthalwe was 'n openbaring. Ek het gedink dat ek waardeer dat dit sy is wat na Elson'e kyk en dat ek haar bewonder het vir hoe soomloos sy dit laat gebeur - asof dit haar glad nie gepla het nie.

En toe, Sondag was dit my beurt. Sondag het ons die mufprogram voort laat gaan en Elson'e was my "probleem". Maar probleem was sy glad nie. Sy was nie meer onrustig of ontstig as Saterdag nie, ook nie makliker of rustiger nie. Die situasie was eintlik glad nie anders nie, behalwe die feit dat ek dit nou subjektief i.p.v. objektief kon beleef. Dit het my weereens getref dat sy nie vir ons 'n "chore" is nie. Sy is nie 'n oorlas nie. Sy pla nie. Sy dra by. Sy voeg waarde toe. Sy is nie net 'n entiteit wat aandag en moeite verg nie. Of dalk is sy al daai goed, maar dit maak nie saak nie. Dalk is ek te subjektief oor my dogtertjie wat my toelaat om my eie selfmens te verlo"en.

Badsessies raak spesiaal. Dit is 'n lekker kansie vir my om elke dag goeie tyd saam met haar te spandeer. Dit voel vir my na 'n clich'e  want ek het dit oral by ander nuwe ouers gehoor en nie veel daarvan gedink nie. En as ek eerlik wil wees is daar dae wat ek verkies om nie die badwerk te doen nie, ek is maar 'n lui helsim. Maar die feit daarvan is dat dit dadelik lekker is as ek begin daarmee.

En toe was daar twee tjerries op daai koek ook nog eergister. Die baddery was klaar en Mooimooi het al ver gedrink gehad aan haar aandetemelkies toe sy begin om belangstelling in die melk te verloor. Sy was nog goed wakker en nog nie te slaperig nie. Ek het toe sommer net weer gesigte vir haar getrek om te kyk of daar 'n reaksie kom, en sowaar... Ek kon haar twee keer kry om van oor tot oor (met die tietiebottel in haar mond) te glimlag sonder dat ek anders aan haar vat of haar kielie of so iets. Al wat ek moes doen was om my o"e toe te maak en dan skielik GROOT oop te maak en vir haar te kyk terwyl sy my so diep in die o"e kyk. Dit was een van daai om-pa-te-word oomblike. Ek dink ek sal dit vir altyd kan onthou, selfs sonder 'n blog - maar die blog sal help daarmee.

Verder, ander nuus is dat ons vanaand Taggoloos is. Dis maar die derde aand in 10 jaar (amper 11 as my geheue my nie in die steek laat nie). Hy is by veearts Otto oor sy snotneus wat net nie wil opklaar nie. Hy is vroeg vanoggend ingevat maar dr.Otto-hulle had twee noodgevalle wat hulle aandag geverg het en Taggo kon nog nie 100% ondersoek word nie. Hulle het gevra of hy vanaand daar kan slaap sodat hy more die nodige aandag kan kry. Dit het 'n groot debat tussen sy pa en ma afgegee oor die foon en ons het toe besluit / gehoop dat oorslapery hulle sal toelaat om hom vroeg more oggend aandag te gen en hy kan dan vroeg huis toe kom. Dit is hopelik wat gebeur en beter as om hom weer later in te vat en hy moet weer vir 5 of so ure wag omdat die dag weer sy eie moeilikheid sou bring wat weer hulle aandag sou verg. Maar ons mis ons brak en daar is 'n groot gaping in hierdie huishouding sonder ons Taggoris. Ek hoop die behandeling (wat dit ook al mag wees) doen hom baie goed en gee hom nog 'n "lease on life". Ek mis my brak.