Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

Doontjie Wie?

My volle name is Gideon Jacobus Joubert, nes my pa en sy Oupa. Ek het in Bronkhorstspruit grootgeword en toe by Tukkies elektroniese ingenieurswese gaan studeer.

Daar ontmoet ek toe vir Anné by die kerkkoor van NG Universiteitsoord waar ons albei lede was. Sy is 'n pragtige boerenooi uit die Delmas distrik. Ons is nou al sewe jaar getroud en Elsoné is net voor daardie sewende herdenking gebore.

Drie jaar terug (2007) het ons besef en besluit ons moet uit die stadslewe van die "rustige" Pretoria uit padgee en rus vir ons siele hier in Zoeloeland kom soek. Rus vir ons siele is nie hier nie, ons weet dis by Iemand en nie by 'n plek nie, maar Zoeloeland het ons definitief laat vergeet van die onrus wat die stadslewe vir ons siele beteken het. Ons het baie gou baie lief vir die stuk paradys in ons land geword en noem onsself al Zoeloelanders al ontbreek die vermoë om Zoeloe te praat by ons, maar dit sal ook kom met tyd.