Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-01-19

Goeie Nuus

Geen nuus is goeie nuus en dit is van toepassing op die blog vir die
afgelope paar dae wart ek skaars was. Elsoné gedra haar nog baie goed
behalwe dat sy te vinnig na ons sin (hoewel dit 'n gesonde pas is)
groei.

Haar gesiggie is al lekker rond, want sy drink tog te lekker aan die
blikmelk. Sy is die begin van die week weer geweeg en gemeet en sy
staan nou op 3.8 kg en 54 cm.

Anné moes net bontstaan om elke twee ure te sorg dat sy 'n bottel kry.
Ek wonder of sy nie nou warm kry met die dat ons net die waaier aansit
daar by haar nie. Ons sal dit maar dop hou.

Ek sal maar moet fotos opsit.

2011-01-16

Rustige Sondag Middag

Anné en John kuier in die huis terwyl hulle besig is om brood te bak
en slaai te maak terwyl ek en Elsoné die vuur oppas. Daar is 'n
hoendertjie en 'n varkfillet op die vuur...

Ek het gister weer 'n lekker ent gaan hardloop - 26 km en dit het
heelwat beter gegaan as laas week. Maar toe ek terug by die huis kom,
was ek maar weer kisboude en het ek in die swembad afgekoel, gestort
en ons al drie (saam met die brakke, so dis dalk "ons al ses") het toe
nog 'n bietjie gedut tot so 10h30 se koers.

Ons was gou daarna winkelsentrum toe, Anné moes 'n pilletjie kry vir
die borsmelk om op te hou - ons het waaiers gaan kry om te probeer om
weg te kom van die konstante lugversorgergebruik en ons het vir my nog
'n stel hardloopklere gekry. Ons het lekker rustig gaan middagete eet
by E&I en sien toe vir Lizaan en Eben. Hulle kan ook nie oor Elsoné se
kleingeid kom nie. Ds. Tertius het ook gou kom hallo sê.

Ons het toe huis toe gekom om te sien hoe om NIE 'n teiken van 190
lopies by Wanderers te jaag nie (ek het vir Anné gesê hier kom
moeilikheid toe AB uit is en ons nog 7 paaltjies gehad het om 120 odd
lopies te kry). Sy was baie teleurgesteld, maar ek is bly daar is 'n
lekker wake-up-call gewees voor die wêreldbeker. Kom ons hoop Kallis
maak die verskil. Maar die feit bly staan dat ons Proteas se balans in
die span nie so goed is sonder hom nie.

Elsoné was weer baie soet gisteraand. Sy het geslaap van 19h30 tot so
00h30 en toe eers weer 05h40 wakker geword. Sy het vanoggend lekker
laat by ons kom slaap in die bed en van kerk-toe-gaan-planne het daar
toe niks gekom nie...