Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-08-11

Te Gou

Ek het nie te veel te sê vanaand nie, maar ek moet dit neerskryf.

Ek en Theuns het gisteraand lekker gekuier oor die foon en op 'n stadium daaroor gepraat dat die kinders te gou groot word, en as ek nou al 'n cliché gehoor het is dit die een. Maar blêddie hel, dis waar. En dis nie asof ek mense nie geglo het as ek dit gehoor het nie. Ek het selfs geweet ek besef nie presies hoe gou die "mense" van praat nie.

Maar nou ... nou weet ek hoe gelaai dit was as ek dit gehoor het; en hoe gelaai dit sou wees as ek die frase ooit sou gebruik teenoor iemand wat nie weet nie - as ek ooit sou. Ek probeer maar om van die clichés af weg te bly en ek kan nie vir jou sê hoekom nie.

En nog 'n ding, ek weet nie hoekom nie en ek wil ook nie morbied raak hier nie, maar ek wil dit op rekord hê. In my onkunde het ek altyd gewonder hoekom ouers so hartseer kan wees oor 'n jong babatjie wat hulle aan die dood moes afstaan. 'n Ingenieur se brein sukkel om sin daarvan te maak, want sy brein wil "compute" dat daar nog nie tyd was om regtig geheg en selfs afhanklik van so 'n jong lewetjie te kon word nie. Hier waar ek sit sal ek erken dat dit een van my grootste denkfoute ooit is. En die hoofrede daarvoor is dat ek daaroor gedink het. Dit is nie 'n dink-ding nie en ook nie 'n ding wat ingenieurs sal verstaan nie, tensy daai ingenieur skielik 'n pa geword het.

My Mooimooi is al lankal meer werd as alles wat ek ooit sal besit en ek is al net so lief vir haar as wat ek vir my vrou is.

En op 'n ander noot - Elsoné is definitief op die loesing pad. Om die waarheid te sê, sy het waarskynlik vanaand haar eerste regte pak slae gekry by haar ma. Ek sê "waarskynlik" want ek het dit nie met my oë waargeneem nie, maar hier waar ek voor die rekenaar gesit het, het my ore dit waargeneem (en ek praat nie net van die dreigemente nie). So, ek dink dit kwalifiseer. Anné sê dat Elsoné definitief die boodskap gekry het.

Ek het later maar vir Mooimooi gesê sy het 'n taktiese fout gemaak deur vir ons te wys dat 'n drag slae dalk so nou-en-dan die nodige uitwerking sal hê. Sy het toe eerder net ge-"smile" en gevolglik my met haar "cuteness super power" in elk geval uitoorlê.


2011-08-07

Fotos: Op 'n beter noot

Sy het Frodo se gerugkrappery vreeslik geniet!

Was nie so 'n "happy camper"
gewees die dag nie toe
het Anné haar by my
op die gras kom neersit.
Haar buy het op die
ou end heelwat verbeter,
seker die vars lug. Maar
dit was ook haar eerste
grasperkkennismaking.





Sommer net daar by El Pescatore in Ballito


Nog 'n speelsessie met haar houtblokkies wat Elwica-hulle gegee het.

Pa en Baba se eerste saambad...

Elsie en Elsoné is definitief erg oor mekaar

Elsoné se "superpower": Sy kan inkopies-doen laat "cute" lyk!