Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2014-01-02

Babakamer Nie Meer

Mooimooi is nie meer 'n baba nie - so haar kamer kan nie meer 'n babakamer wees nie. Die dat ek en Anné besig is om in die hitte van die Richardsbaai Hel (onthou Richardsbaai het net 2 seisone, Somer en Hel) te werskaf om Elsoné se kot met 'n bed te vervang.

Ons was so twee weke terug by my ouers in Bronkhorstspruit en Elsoné het self besluit die kot is nie meer vir haar nie - sy wil op die dubbelbed, in die spaarkamer waar haar kot by Ouma se huis staan, slaap. Dit was toe bevestiging van wat ek en Anné toe nou al 'n ruk lank vermoed - Mooimooi kan nou maar 'n bed kry.

Ek moet nou nog die rakkies weer opsit in haar kamer nadat die huisverbeteringe tot gevolg gehad het dat die rakkies moes af. Toe ek vir die rakkies begin beplan en meet, onthou ek dat ek hulle andersom opgesit het as wat ek oorspronklik van plan was - maar presies hoe om, kon ek nie onthou nie. Ek weet toe darem daar is fotos wat ek op hierdie blog gesit het om na te verwys. Dit het my ook daaraan herinner dat "babakamer" een van die belangrikste sleutelwoorde is wat wildvreemdes na die blog to lei.

So, toe doen ek 'n Google-soektog vir "babakamer" om my eie fotos te sien - en ek sien Mooimooi se kamer is toe heel eerste. Maar ek weet dat Google weet ek is ek. Toe doen ek 'n In-Cognito (Jan-Alleman) soektog vir "babakamer" en die resultaat is steeds op die eerste ry nl. nommer 2 .

Nou ja, ek is 'n ingenieur en was nie tevrede met die "eensydige" resultate wat Jan-Alleman sien as hy 'n Google-soekdiens gebruik d.m.v. 'n Google-webblaaier om prentjies te kry wat op 'n Google-blogdiens bedien word nie. Toe doen ek dieselfde met Internet Explorer se Bing-prentjiesoektog gedurende 'n In-Private-Browsing sessie en die resultate is maar min of meer dieselfde.

Bing-pretjiesoektog vir "babakamer"

Google-prentjiesoektog vir "babakamer"


Eintlik is hierdie nou maar net 'n vrek-gekompliseerde kompliment aan my vrou dat haar handewerk met Mooimooi se babakamer die spyker op die kop geslaan het en dat haar babakamer klaarblyklik kers vashou by die Afrikaanse tydskrifte en webblaaie se impak op prentjie soektogte na babakamers.

Welgedaan my Liefste!

Intussen raak ons dogtertjie groot teen die spoed van Die Heilige Wit Eland...

Hier word gereëlderig varserige fotos van haar opgesit: Vars Mooimooi (Picasa Web Album)