Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2012-05-06

Kittels in die Bad

Ek het êrens gehoor/gedink daar is net twee tipes babas:
  1. Die wat al 'n kittleglips in die bad gehad het
  2. Die wat nog 'n kittelglips in die bad gaan hê
Ek het begin dink Mooimooi gaan 'n derde kategorie skryf, maar nee, sy het vanaand opgegradeer uit kategorie #2  na kategorie #1 hierbo.

Ek was besig om vir Mamma wyn in te gooi toe hoor ek net iets in die lyn van "Mooimooi!" uit die badkamer. Teks kan dit nie beskryf nie maar Anné se tone-of-voice het die eintlike storie vertel. Maar ek was toe nog nie seker dat dit drama was nie, dit het self geklink of Elsoné iets ouliks gedoen het. En toe hoor ek, "Pappa" soos wat Anné en ek mekaar deesdae noem (bietjie corny, ek weet) ... asof ek gou iets moet kom kyk of dalk met iets moet kom help. En toe, "... kom help gou hier".

Op daai oomblik het ek geweet dis nie iets ouliks nie, en toe ek in die badkamer kom, is Elsoné buite die bad, die meerderheid kittels in die bad en een verlore een op die badmatjie.

Nouja, dit het beteken vars badwater moes getap word voor vanaand se badsessie suksesvol afgehandel kon word.

Op 'n heel ander noot ... Elsoné se oulikheid het skeinbaar geen perke nie, veral nie vir 'n subjektiewe Pa en Ma nie. Sy is nou op die punt om te besef dat alles wat vier bene het nie honde is nie en het vanaand haar ma nagepraat toe ons die softtoy kat vir haar wys en sê wat dit is. Tot nou toe is alle diere se geluide nagemaak as 'n diep binnesmondse "wmf! wmf!". Maar witkat maak 'n "mienauw, mienauw" geluid blykbaar .. haar enigste katverwysing op hierdie stadium is Matewissie uit "Liewe Heksie".

Laat ek maar 'n paar fotos ook hier byvoeg: