Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-06-11

Mooimooi voel nie lekker nie

Vanoggend voel Elson'e nie soos haarself nie. Ons wonder maar of dit
tande is en of dit is dat sy ook nou begin siek word. Sy het maar
sleggerig gedrink gisteraand maar eintlik nie te sleg geslaap nie.
Daar is 'n bietjie van 'n uitslag op haar lyfie ook. Ons sal maar
dophou en duimvashou dat sy more weer haarself sal wees...

2011-06-09

Bang ek gaan NIE dood nie

Die afgelope drie dae was maar rof. Ek het erge verkoue maar het gaan
werk en nog elke aand kitaar gespeel by die pinksterdienste.

Ek het gister gespot en gesê ek het die stadium waar mens hoop jy gaan
eerder maar dood heeltrmal oorgeslaan. Ek het sommer reguit na die
"bang wees ek gaan nie dood nie" gevorder.

Ek hoop net Anné en Elsoné spring dit vry...

2011-06-06

'n Halwe Jaar

Vandag is Elsoné presies 6 maande oftewel presies 26 weke of dan 182
dae gelede gebore. Aan die een kant kan ek nie glo dis al 'n halwe
jaar nie, maar aan die ander kant is dit lekker om saam met haar die
paadjie "treetjie-vir-treetjie" so ver te kon loop. Sy is gelukkig nie
oorhaastig met haar grootwordery nie, daar is nog nie tande nie, sy
kruip nog nie en sit skaars op haar eie so ons kan darem nog so
min-of-meer byhou.

Ek vermoed dat ons skaars ons oë uitgevee sal hê en dan is sy "'n
Volle Jaar" oud...