Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-06-22

Ek wou nog sê

Golf


Dis nou al Woensdag en ek wou al laas Donderdag hierdie inskrywing gemaak het. Dit verduidelik hoekom dit voel of die tyd so gou verbygaan - dit doen...

Al wat ek toe wou sê is dat ek en Anné gaan golf speel het Donderdag. Dit was nou al die derde poging gewees om dit gereël te kry, maar hierdie keer het die planete in 'n ry gestaan dat dit uiteindelik kan gebeur.

Dit was die eerste keer wat ek en Anné saam kon gaan golf speel sedert laas jaar die 13e Julie toe ons op vakansie was. Dit was ook die eerste keer wat ons vir so lank saam sonder Mooimooi was - nie dat ons dit nodig gehad het nie.

Dit was baie lekker. Anné het my 'n goeie "go" gegee op die eerste agt gate - daar was net een punt in dit. Maar sy was baie moeg gewees by die halfpadpunt en haar wiele het heeltemal afgekom met die tweede nege. Daar was nie 'n karretjie te huur vir die tweede nege nie so sy moes maar stap.

Ons het so bietjie skuldig gevoel oor ons vir Elsoné so op haar eie los, maar aan die ander kant was dit baie lekker om so bietjie ons eie ding te doen.

Raak nou Erg

Ek besef elke nou en dan hoe erg ek oor haar raak amper tasbaar. Ek kan dit nie regtig beskryf nie, so ek gaan nie eers probeer nie.


Stoutigheid

Dis dalk 'n bietjie gou om te sê maar daar is tekens dat sy al begin om die uiterstes te beproef om te sien hoe ver sy met ons gaan wegkom op 'n paar goed. Ek wonder hoe ons dit gaan hanteer as ons besef sy is regtig besig om stout te wees.

Vordering

Sy raak by die dag meer seker met haar hande en haar nek raak sterker en haar spiere word al sterker en slimmer om te balanseer as mens haar ronddra. As mens haar op haar maag neersit wil-wil sy al haar boude lig om op haar knieë te kom en in 'n kruipposisie te kom. Maar die tande bly darem nog steeds weg en sy vorder nie te vinnig dat 'n pa en ma nie kan byhou nie.

2011-06-19

Video: Vadersdag handewerk

Anné het my omgepraat om die spaarkamer se vloer ook te tackle en te doen soos Elsoné se kamer. Ons het toe maar vandag ingespring en dit gedoen. Ek het 'n videotjie gemaak om te wys hoe dit gevorder het:

From Om Pa Te Word

Fotos: Vadersdag ens.

Ek is so stadigaan besig om 'n ateljeetjie aanmekaar te slaan vir bietjie kameraspeletjies. Die eerste fotos is die week daar geneem en dis ongelooflik watse verskil 'n swart agtergrond maak...




Elsoné is nog bietjie dom in die Jolly-jumper maar dit sal kom. Anné het haar gister sommer in hom gevoer en daar is allerhande joligheid wat daarmee gepaard gaan...




Sy het nou ook al haar badraampie waarin sy lê gedurende badtyd begin ontgroei en sy moet nou leer sit in die bad op haar nuwe mat wat keer dat sy so gly in die bad. Die eerste sessie het haar wel gesig-vooroor in die water laat beland, maar sy sal regkom
Voor die "faceplant"
Na die "faceplant"





Sy het dit toe darem nog kon geniet na die "faceplant

Anné het vir ons albei T-hemde gegee vir vadersdag. Hare het 'n foto van my agter op en die woorde "Pa se Mooi-mooi" voor op en myne 'n foto van haar met die woorde "Mooi-mooi se Pa" voorop. Flippen cool!