Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2021-08-16

Ons "Blogger" Nog

Ek was so lanklaas hier. Dinge hol met ons weg. Onlangse werklikhede:

  • 2020
  • 2021
  • Ons is nog in NRB
  • Anné se PhD vorder - sy samel data in
  • COVID-19
  • Suid-Afrika
  • Adriaan se hare moet groei - ek los hom, hy wil weer "groot" hare hê - dis sy laaste kans vir 13 jaar en ek doen dit saam met hom
  • Google is los en vas met die dienste wat hulle bied
  • Ek probeer 'n Google Cloud Certification kry
  • gedurende die proses doen ek 'n "LAB" wat 'n blog post doen
  • ek dog ek gaan oulik wees en gebruik nie hulle banner nie maar my eie banner van my eie blog
  • toe ek om-pa-te-word Google, kry ek dit nie
  • toe ek by Blogger inlog kry ek nie my blog nie
  • (en ek weet ek was onlangs "hier")
  • toe grou ek nog en sien hy's darem daar, maar daar's change of ownership sprake
  • toe dink ek dis tyd vir WordPress, maar grou nog en log toe maar net weer in en skep 'n nuwe "spas-foo-bar" blog en als is weer "myne"
  • maar vir hoe lank - hierdie inhoud van hierdie blog wil ek verseker nie verloor nie
  • ek het gesien meeste van wat ek geskryf het is ook vir my geGMail, so, dit sal nie heeltemal verdamp nie
  • MAAR - dit laat my so bietjie dink oor inhoud se verganklikheid in die cloud
ek vertrou nogsteeds op Google ...