Ek was so lanklaas hier. Dinge hol met ons weg. Onlangse werklikhede:
- 2020
- 2021
- Ons is nog in NRB
- Anné se PhD vorder - sy samel data in
- COVID-19
- Suid-Afrika
- Adriaan se hare moet groei - ek los hom, hy wil weer "groot" hare hê - dis sy laaste kans vir 13 jaar en ek doen dit saam met hom
- Google is los en vas met die dienste wat hulle bied
- Ek probeer 'n Google Cloud Certification kry
- gedurende die proses doen ek 'n "LAB" wat 'n blog post doen
- ek dog ek gaan oulik wees en gebruik nie hulle banner nie maar my eie banner van my eie blog
- toe ek om-pa-te-word Google, kry ek dit nie
- toe ek by Blogger inlog kry ek nie my blog nie
- (en ek weet ek was onlangs "hier")
- toe grou ek nog en sien hy's darem daar, maar daar's change of ownership sprake
- toe dink ek dis tyd vir WordPress, maar grou nog en log toe maar net weer in en skep 'n nuwe "spas-foo-bar" blog en als is weer "myne"
- maar vir hoe lank - hierdie inhoud van hierdie blog wil ek verseker nie verloor nie
- ek het gesien meeste van wat ek geskryf het is ook vir my geGMail, so, dit sal nie heeltemal verdamp nie
- MAAR - dit laat my so bietjie dink oor inhoud se verganklikheid in die cloud
ek vertrou nogsteeds op Google ...
"maar vir hoe lank - hierdie inhou van hierdie blog wil ek verseker nie verloor nie"
AntwoordVee uitGaan hierdie hier los vir jou ;)
https://wordpress.com/support/import/coming-from-blogger/
Dankie Swaer!
AntwoordVee uit