Hierdie een is sommer net 'n foto daar uit die lapa uit met die selfoon geneem toe sy verskriklik casual op die trap gesit het.
Tannie Suzette en Annette het laat September vir ons kom kuier en dit was groot bederf.
Sommer net 'n foto van Elsoné se eerste happie pizza.
Sy het 'n smaak ontwikkel vir allerande snaakse goed. Hier sit sy en een 'n heel ui soos 'n appel!
Ek het die vorige aand vir haar die badspeelgoed so in 'n ry gepak. Die volgende badsessie, toe doen sy dit self.
Ook by Hluhluwe by die slangpark en Zoeloe "village" word daar in die bos gestap ... sy is gek oor stap.
Hierdie het ek afgeneem op 'n stapsessie om die blok ... dit gebeur so twee keer 'n week.
Ek het vir haar 'n swaai opgesit in die koraalboom in die voorerf ... dit kom van die buurman af en sy geniet dit oor 'n honderd.
En intussen is die kombuis nog nie klaar nie, wat beteken dis nog "af-seisoen" wat die hardloop betref.
Verder is Anné hard aan die swot vir haar eksamens (akademies) en hard aan die oefen vir haar eksamen (ballet). Daar is siektes wat kom en gaan maar ons is almal darem redelik gesond. Ek werk elke naweek regtig hard aan die kombuis en die laaste paar kaste wat ons nog terughou om te teël wil net nie klaar nie, maar dit voel of ons baie naby is.
Daar word hard gewerk ook nog in ons dagbetrekkinge ("dayjobs") en in die week is ons pootuit as Mooimooi uiteindelik slaap en dis moeilik om al hierdie ander verantwoordelikhede ook aan te spreek.
Maar ons mag nie kla nie, en ek doen ook nie, dit gaan goed.