Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-04-03

Fotos: Pa en Dogter wat grootword

Hierdie is nou nie net fotos van Anné se wegwees nie:

Ons was laf toe Ma nie hier was nie

Sommer net 'n lekker foto

Sy lê al die bad vol

Rustig aan die slaap terwyl Ma terugvlieg van Europa af

Het dit oorleef

Anné is nou nog nie terug nie, maar sy is al in die land. Sy is nou oppad Durban toe om so twee ure vroeër hier aan te kom as wanneer sy met die 16h00 vlug reguit Richardsbaai toe sou vlieg.

Elsoné slaap nou en alles is relatief rustig. Ons het die langnaweek in mekaar se geselskap oorleef. Dit was eintlik lekker.

Gister was besiger as wat ek verwag het. Ek het so vir 2 ure gaan gym en dit alleen was 'n "mission" om my en haar in rat te kry om daar te kom. Van die 2+ ure by die gym het ek net omtrent 'n uur en half spandeer aan sweet. Daar was admin om haar in te kry en om haar uit te kry en ek moes nog stort voor ons kon ry ook.

Na die gym is ons gou mall toe, 'n fout, want dit is maandeinde, maar ek moes gaan - haar kos is amper op, ek moes 'n tjek inbetaal wat al meer as 'n maand in my beursie is en Danie se verjaardag was gisteraand - ek moes kyk vir 'n persentjie. Nouja, ek het net so gou as moontlik probeer maak, maar dit was nog steed heeltemal te lank na my sin in daai malhuis.

Oppad huistoe het Eben my gebel om te sê hy is reg om die voëlhokke te gaan haal, terwyl Nicolette 'n ogie op Mooimooi hou. Hy het Vrydag met my gereël dat ek moet help. Ek het gou by die huis gestop om 'n onderbroek aan te trek - ek loop toe al sonder 'n onderbroek vandat uit die gym is - ek het vergeet om een in te pak!

Ons het toe vir Tim gaan haal om te help met die handearbeid van die hokke laaiery en dit was darem nie te harde werk nie - ek het myself net jammer gekry, want ek is deesdae so sleg as dit by "manual labour" kom. Ek kan vir 4 ure lank aanhoudend harldloop, maar as ek 'n bietjie fisiese werk moet doen gaan dit maar swaar, shame!

Ons het so bietjie die krieket gekyk en die Lemmers het lekker pannekoek gebak. Ek is omtrent 16h00 daar weg toe Elsoné wakker word. By die huis aangekom het ek 'n laptop aangesit met Radio 2000 streaming dat ek kan krieket luister. Ek het gestort en toe vir Elsoné gebad en probeer voer (dit was vroeg, so sy het nie so braait gedrink nie) en alles gepak vir Danie se verjaardagbraai (wat 17h00 saam met die Stormers-Sharks wedstryd sou begin).

Ek was toe eers so 18h20 daar en het toe vir Elsoné in Kara se kamer gaan sit dat sy kan slaap, maar slaap was min gisteraand. Toe ek wou sien of sy dalk iets wou drink kom ek agter dat die immerbelangrike doeksak nog by die huis is. Ek het die gou gaan haal, en sy het natuurlik niks uit hom nodig gehad nie - sy wou net deel van die geselskap wees, maar het darem later geslaap.

Sy het goed deur die nag ook geslaap, sy was eers 06h20 wakker vir haar eerste bottel (maar ek verbeel my ek het gedroom sy huil êrens nader aan die middel van die nag, ons sal nooit weet of sy wel gehuil het en of ek wel gedroom het nie)

Die uiteinde van die saak is dat ek dit oorleef het, sy het dit oorleef en oorlewing was nooit eers 'n kwessie nie. Dit gee mens net waardering vir wat dit is om die voorreg te hê om nie enkelouers te wees nie. Die kleinste goedjies wat Anné doen terwyl ek die grootste deel van die badwerk doen (of andersom) maak so 'n groot verskil - iets simpels soos om die waslap te gaan haal as jy hom vergeet het ensovoorts. En dis net die praktiese goed. Om die onophoudelike  verantwoordelikheid alleen te moet dra as enkelouer vat seersekerlik senuwees van staal.