Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-03-07

Fotos: Ditjies en Datjies








Ons het sommer saam met 'n paar maters Saterdagoggned brekfis op Naval Eiland gehou - baie lekker.

Okay, dit was rof!

Toe ek vir my goeie vriende en kollegas by die werk noem dat ek 'n blog wil skryf oor Baba#1 een het hulle reaksies alles ingesluit van 'n gelag tot 'n oogrollery en die lewe van die blog is voorspel om enige iets tussen twee weke en twee maande te hou.

Ek moet herken, en die een of twee van julle wat nog lank genoeg vasgebyt het om hierdie te lees sal weet, dat ek nie die "voorbeeldigste" blogger is wat konsekwentheid betref nie. As 'n voorbeeld: ek is al meer as 'n maand agter met Elsoné se weeklikse fotos onder die opskrif van hierdie blog.

Ons het vanaand iets nuuts probeer. Anné het vir ons ordentlik inkopies gaan doen so 'n week of twee voor Elsoné aangekom het. Ons het so omtrent twee weke terug besef ons moet dit sterk oorweeg om weer vir ons te gaan inkopies doen. Die besluit was toe om die grootse taak aan te pak vanmiddag na werk. So gesê so gemaak.


Alles het eintlik heel goed gegaan - Anné het die trollie volgemaak en ek het vir Elsoné vermaak en in haar karretjie rondgestoot. Daar was nie groot drama nie totdat Anné die Jump-o-Lene kasteel gesien het wat ons nou al 'n hele ruk soek vandat ons een by Conrad-hulle gesien het. Die ding was bo-op die vrieskaste in Pick 'n Pay, styf ingepak tussen ander bokse. Nadat ek vir Elsoné en haar karretjie staangemaak het langs my het ekgerek en die boks afgehaal. Maar met die afhaal het die boks langsaan, natuurlik aan Elsoné   se kant afgeval, bo-op haar en die karretjie. Ek het my bes probeer om dit te keer sonder om die ander groter boks ook op haar te laat val. Sy het definitief geskrik maar nie te erg nie, maar haar pa het heelwat meer geskrik. Ek kon net nie help om te dink wat sou gebeur as die bok met sy hoek op haar geval het nie. Snaaks hoe 'n mens aan veiligheid dink op plekke waar dit duidelik is dat iets onveilig is maar, wat kan nou onveilig in 'n Pick 'n Pay wees.

Dit het my laat besef dat Elsoné se welsyn vir my belangriker is as wat ek dink of besef, of beheer het oor. As dit met enige iemand anders sou gebeur sou dit vir my so maklik wees om dit net af te skryf en te sê "Vergeet nou daarvan, niks het mos gebeur nie." Maar in hierdie geval was dit net nie so maklik nie. Ek is nou oraait, maar om op daai stadium te dink aan wat kon gebeur het my tee goed geroer.

Nou ja, wat die inkopies doen op 'n weeksaand betref - die jurie is nog uit of dit in die afsienbare toekoms 'n volgende geleentheid gaan kry. Maar ons het toe gaan probeer om ons wonde te lek by Panarotti's en kon darem ons voorgereg (daai twister goeters van hulle) en 'n sny pizza elk inkry. Maar Elsoné het ook op daai stadium laat te kenne gee dat  sy nou nie meer van die speletjie hou nie en wil huis toe en gaan slaap. Nou ja, ons het darem lekker take-aways vir middagete more.

End dis nou 20 oor agt in die aand. Ons almal is in die bed en reg om uit te pass (die wat nognie uitgepass het nie). Ek is vanoggend 04h15 al op om 13 km te gaan hardloop, PieterG was by.

Ek het my weer opgewerk oor Tim se vooruitgehardlopery en het toe besluit ek gaan net vir hom sê dat dit "op my spiere werk". Ek het vasgebyt en vir hom gesê op pad werk toe. Ek is baie bly ek het dit gedoen. Niks het verander nie, maar ons kon vinnig daaroor gesels weet en verstaan weer waar ons met mekaar staan. Ons het nog baie om te doen ter voorbereiding vir die Two Oceans (ek het nog steeds nie ingeskryf nie), maar eintlik vorder ons baie goed.

Ons is regtig besig by die werk, maar alles is darem interessant en lekker bevredigend.