Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-10-25

Verhoogde Intensiteit

Nee, dit is glad nie soos jy dink nie, maar dit ook ja. Soos wat Elsoné al hoe meer en meer haar eie mensie raak hoe meer voel 'n mens betrokke by haar - en dit het die laaste ruk verskriklik momentum opgetel.

Maar dis nie wat ek bedoel nie. Ek bedoel eintlik maar dit tong in die kies want ons betrokkenheid by haar gebeur met liefde en vanself.

Ek probeer eintlik sê: "Dit was 'n paar weke want intensgeid..."

Tannies Kuier
Tannie Annette en -Suzette het mos die week van 23 September tot 1 Oktober in Durban kom vakansie hou en sommer 'n draai hier by ons kom maak die eerste Vrydag en Saterdag. Dit was baie lekker om hulle hier te hê.
Elsoné  sit by Ta'Zet en maak 'n "forty-days"
Een van die eerste kere wat Elsoné nie net slaap as ons uitgaan (Thai Wok)
nie, maar saam kuier vir die eerste twee ure. Die hoenderbeen
het haar darm vir 'n rukkie besig gehou. Kyk daai blou oë!

Ek het sommer 'n "groepfoto" geneem voor ek Saterdag weg is
om die Tonevale resies te gaan hol



Maratonnaweek
Toe Lizzanne laas jaar omtrent hierdie tyd by 'n klubdraffie ons vertel van haar laaste maraton waarin sy 'n 3h43m (as ek reg onthou) gehardloop het en dat dit die Suidkus maraton is en dat daar 'n trein betrokke is het ek gevoel ek moet dit ook hardloop.

En so het ek vir Tim oorreed dat ons moet mik om voor die einde van die jaar nog 'n "M" deur the werk. Hy het so 'n bietjie geprotesteer maar toe later help planne maak om te sorg dat ons voorbereid is daarop. Dit het soos 'n ewigheid gevoel, maar eindelik breek die maratondag van 2 Oktober 2011 toe aan ('n week voor die groot familie makietie: Elsoné se Doop).

Ons klim toe in ons wa oppad na Amanzimtoti vir die resies met 'n vae hoop op 'n rustige naweek (met die naderende doop in ons gedagtes). Ek kan getuig dat dit  darem soortvan rustig was, behalwe dat die muskiete Elsoné verskriklik in haar gesig gebyt het - die merke sit NOU nog. Ons het die Vrydagaand weer 'n kans gekry om vir Ta'Zet en Ta'Annette te sien en by ZANZIbar baie lekker gekuier terwyl ons probeer kyk of ons die wange van Oom Wikus se kredietkaart kon induik...

Die Saterdag toe ek gaan inskryf vir die "M", het Mooimooi kans gekry om vir die eerste keer 'n glyplank te ry en het dit natuurlik vreeslik geniet:


Ons het na die inskrywery ook by Clearwater Spur gaan "ontbyt" eet en Elsoné het vir die eerste keer in 'n babastoeltjie by die tafel in 'n restaurant gesit. Ek het ook vir die eerste keer haar linker pinkie tussen 'n babastoeltjie en 'n tafel in 'n restaurant vasgeknyp - daar is nou nog net 9 vingers wat nog nie so deurgeloop het nei. Maar wat meer opmerklik was is die feit dat sy daar in Spur op 1 Oktober 2011 vir my die eerste keer regtig soos 'n dogtertjie begin lyk het en ek het besef my babaMooimooi is besig om groot te word.


Die maraton het ook goed afgeloop - ek sou graag drie en 'n kwart minute vinniger wou wees, maar nou ja. Gedurende die maraton het ek 'n vreemdeling, Ross, langs die pad gekry en ons het mekaar gehelp om die resies 'n  bietjie korter te laat voel 15 en 30 km d.m.v. goeie geselskap. Ek was lekker sterk en kon die laaste 12 km in net oor 'n uur gedoen kry deur alles te gee en hard te werk:
Vir die eerste keer in 'n lang tyd kon ek ook darem 'n resies bietjie voor my hoogs-gewaardeerde en waardevolle hardloopmaat voltooi.


Doopnaweek
Dit voel soos 'n ewigheid vandat ons begin het om die doop te reël maar die tyd het toe aangebreek en verby gesnel. Dinsdag 27 September het ons heen-en-weer King Shaka lughawe toe gery om vir Skoonma te haal en voor ons weer ons oë uitvee is die doopnaweek verby en is dit die volgende Maandag vir die volgende heen-en-weer. Ek kon nie glo dat so 'n groot week so gou kon om wees nie.

Dit was vreeslik lekker om almal hier te hê. Ons het almal baie lekker gekuier maar arme Anné het baie hard gewerk om almal se mae vol te probeer hou.

Elsoné is natuurlik die oggend gedoop toe die Springbokke daardie berugte toets teen die Aussies gespeel het met 'n sekere mnr. "BL" as skeidsregter. Daar was sekerlik net vriende en familie van die dooppare in die erediens, maar dit pla glad nie. Dit was tog baie spesiaal. Een ding wat ek seker nie sal onthou nie en moet neerskryf was my gevoel van hoe die lewe en tyd onverpoosd aanstap - met of sonder jou.

Die uitnodiging wat ek vir almal gestuur het om "saam te kom
doop"

Saterdagoggend terwyl Mamma besig is met die blomme het
van die vroumense agter saam gekuier.

Anné se kermiskerrie word opgedien

Elsoné wys vir haar Ouma een van daai duur geskenke
wat so lekker speel.

Doopoggend: Ons gaan nou aantrek

Doopoggend: Die oomblik van die Teken

Doopoggend: My Gesin

Doopoggend: Pragtig

Doopoggend: Pa en dogter