- Wakkerword en opstaan êrens tussen 05h30 en 06h30
- Anné so bietjie help met baba en ons eet gou 'n AllBran'tjie
- Ry na die Lemmers toe om gewaarmerkte afskrif van baba se inentingsertifikaat te kry
- Ry na PieterG toe om hom op te laai om vir my Philip se erf oop te sluit om Philip se sleepwa af te gee na gister se leen van die sleepwa om die hek en rame galvaniseerders toe te vat. Pieter pas Philip-hulle se brakke op die naweek wat hulle in Vryheid is.
- Laai die sleepwa af by Philip se huis
- Ry terug na PieterG toe om hom af te laai en loer gou die werk wat goed vorder aan hulle huis. Hulle is besig om die kombuis (en sommer alles wat deel is van daai oop plan) oor te doen. Hy is nie tevrede met die ou wat vir hom die "soliede" salignakaste gemaak het se werk nie.
- Ry binnelandse sake toe om baba te registreer
- Registreer vir Elsoné en kry 'n amptelike afskrif / uitdruk van ons huweliksertifikaat.
- Dischem toe om pynpille te kry en te kyk vir yssakke vir Anné se seer borste.
- Spar Meerensee om brood, melk en sap te kry.
- Videowinkel om 'n DVD uit te neem (ek sal nie sê watter een nie ...)
- Toe's dit maar 'n bietjie eet, 'n bietjie chill. Ons het selfs 'n goeie vroegmiddagslapie ingekry
- Nog 'n eet-ens.-sessie en 15h30 het Elsoné weer geslaap en ons het besluit dis nou 'n kans om die DVD te begin kyk, maar kom eers hier by 16h30 daarby uit
- 18h30 laai Mark en Amy vir ons aandete af
- Ons eet en toe sê Anné sy het te seer, sy moet nou vir Elsoné wakker maak om te eet, dit was so 19h20
- Sy is nou net klaar. Daar was twee doeke deel van die proses, wat ek geruil het en heen en weer vir sterilisasie en als so aan. Ek probeer maar om vir Anné toe te laat om net te sit in die rystoel en alles vir haar aan te dra. Dit is maar hoe ek kan help.
Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")
2010-12-11
Dankbaarheid
Haar Plekkie in die SA Son
Ek het sommer ook vir my en Anné weer 'n huweliksertifikaat laat druk - ons oorspronklike een is mos gesteel toe hulle daar in Rooibosrand by ons ingebreek het.
Pajamadril
2010-12-10
"Sy is darem bitter klein"
Ek kan ôk!
- Voed (selfstandig) .......................... - Check
- Winde uithelp (selfstandig) ................. - Check
- Doek omruil (selfstand) ..................... - Check
- Aan die slaap maak (o.k. bietjie verneuk) ... - Check
Regtig Nou Seer
Glimlag
Frankenhek
Ek was so vies vir myself dat ek my dit ook nou nog op die hals gehaal het. Dit was seker nie nodig nie. Aan die ander kant, kyk hoe lyk die ou hek - dit is ook seker maar nodig. Met die dat mej. Joubert haarself tot dusver goed gedra het en ek 'n hele maand by die huis gaan wees, kan ek seker maar probeer om produktief ook te wees.
Ek kan nie wag vir die eindproduk nie, maar dit is nog ver baie moeite tussen hier en dan - ek moet nog die hout bestel.
2010-12-09
300 Hits!
Sover is dit 'n luilekker dag. Ons was gou winkelsentrum toe vanoggend om 'n paar goed wat Anné nodig had vir die borsvoedery ensovoorts te kry. Elsoné het die hele tyd geslaap en het op die manier omtrent 4 ure ingekry voor sy weer lus was vir eet.
Ek gaan nou daai nuwe hek tackle - more is die laaste dag vir die jaar wat die galvaniseerders nog goed invat om te doen. Ek hoop maar ek kry dit voor hulle toe maak terug.
Eerste Oggend Tuis
...
... ek het geslaap en Anné het al die werk gedoen! Ja, ek weet, sy is te goed vir my. Maar sy is natuurlik 'n superheld en as ek vra of sy moeg is, sê sy nee, sy is fine. En sy lyk ook fine. Al pyn is die feit dat die melkman nou begin het om af te lewer, en die "houers" moet nou eers gewoond word aan die ekstra melk.
Maar verder is ons al drie heel tevrede.
2010-12-08
Realiteit
maar moeite. My superheld vrou moet nou vir 'n uur+ voed al het dit
skaars 2 ure laas gebeur. Dit maak tog sin - Sussa het 'n kilogram of
twee om in te haal. En sy het wel soos 'n "mere mortal" baba tog maar
eers 'n paar onse af gegooi voor sy kan begin optel.
Makiesakie, sy is al klaar besig om diep plekke in my hart te bekruip.
Foto's: Huis Toe Kom
Nuwe Mensie
Amper Tuis
die hospitaal gaan haal het en huis toe gevat het; sonder te veel
drama.
Ek moet sê, dit was maar moeilik om weer te ry.
Sal later nog fotos opsit...
2010-12-07
Insink?
Ek is weer alleen by die huis, maar Anné het my netnou laat weet dag
Elsoné onrustig is. Hulle het vir haar kerrie met lensies vir aandete
gegee en die vermoede bestaan dat dit die rede vir Elsoné se nukke is.
Kan jy glo dat dit vir 'n ma gegee word vir aandete in 'n maternity saal?
Dit was so 'n bietjie van 'n reality check toe Anné my bel om te sê
dat dit nie nou so wonderlik gaan as wat dit tot dusver gebaan het
nie. Maar dit klink of sy darem in beheer is. Ek hoop net hulle kry
darem so 'n bietjie slaap in vanaand.
Ek en John het toe die hek gou weer mobiel gekry, maar die hek se
einde is in sig.
Dit klink of die twee Né'e more dalk sal kan huis toe kom ...
Ingekonkde Hek
2010-12-06
Alleen
battery. Dit was die 3e een vandag.
Ek het probeer sê ek is alleen by die huis. Ek is trots op Anné en
baie lief vir haar, sy is 'n ma uitgeknip.
Ek het gesê ek wens hulle kon huis toe kom. Ek het gesê ek loop nie op
wolke nie, maar genoeg het gebeur vandag om te sien ouerliefde gaan
gou pos vat.
Ek het die goed net mooier probeer sê, maar toe slaan die pap battery toe.
Ek voel verlief...
Fotos: Geboortedag, Eerste Bad
Sy het dit nogal goed gevat, sou ek sê, maar dit het nie gelyk of sy regtig daarvan hou nie. Sy sal nog leer bad is lekker, sy is immers Anné se dogtertjie ...
Fotos: Geboortedag, Rustiger
Sy het al haar ogies oopgemaak in die broeikas. Anné het soos geskeduleerd uit die teater gekom. Ek het sommer twee oulike fotos van hulle twee se eerste "ontmoeting" ook hier opgesit.
Fotos: Geboortedag, In Teater
Ek het maar Anné se hand vasgehou vir wat dit werd was. Dit was 'n aardige spulletjie, maar ek is so bly ek was daar. Eerste foto van Elsoné ooit is die swart en wit ene.
Fotos: Geboortedag, Vroegoggend
Ons was 04h30 op en 05h40 by The Bay se ontvangs en 06h20 in die saal. Toe is ons meer georganiseerd as die ma wat eerste geboek was vir 'n keiser. Die dat ons toe sommer voor haar ingedruk is. Die ironie is dat Anné toe teen die tyd op die tafel gelê het wat sy geboek was om op die tafel te lê, want daar was natuurlik 'n krisis of twee om na om te sien voor die keisersnitte aandag kon kry.
Groot Haas is Verby, Elsoné is hier!
Die groot oomblik het gekom en gegaan.
Ek is nog ek, Anné is nog my vrou, ons is nog lief vir mekaar en daar
is 'n nuwe Joubertjie!
Elsoné Joubert se geboortedata is as volg:
08:32 vanoggend gebore, dis die amptelike hospitaaltyd
Sy het 2.600 kg geweeg
Sy is 49 cm lank
Haar Apgar telling was 9 dadelik, 10 na 'n minuut en 10 uit 10 na vyf minute.
Ek sal binnekort nog fotos opsit.
Ingeboek
hartklop in my ore!
Laaste dag van net ons twee
Ons het toe huis toe gegaan en nog gechill. Tog te lekker die
rustigheid. Ek het die muskietnet gehang, die 'mobile' en die doeksak.
Ek het die ligskakelaar terug gesit en toe is baba se kamer reg vir
haar. Ek weet nie of sy reg is vir haar kamer nie, maar dit lyk regtig
goed.
Ons het regtig die dag rustig gevat. Daai gevoel van jy het goed en
genoeg geswot het so nou en dan by my opgekom. Daar is ook 'n gevoel
van Oukersaand wat sy kop so nou en dan uitgesteek het.
Maar ek sal jok as ek nie erken dat die hartseer ook maar dik in my
keel gesit het (en nou ook sit) nie. Ek en Anné is al amper 11 jaar
saam en om te dink dat hierdie HOOFstuk in ons lewe kom tot 'n einde
kom maak my maar hartseer. Sy is my nommer 1 liefde en om te dink
iemand anders gaan ook nou my hart m steel is iets wat ek nie mee
rekening gehou het nie.
Maar, ek is opgewonde en verlig en reg daarvoor, so reg as wat 'n mens kan wees.