Ons het toe huis toe gegaan en nog gechill. Tog te lekker die
rustigheid. Ek het die muskietnet gehang, die 'mobile' en die doeksak.
Ek het die ligskakelaar terug gesit en toe is baba se kamer reg vir
haar. Ek weet nie of sy reg is vir haar kamer nie, maar dit lyk regtig
goed.
Ons het regtig die dag rustig gevat. Daai gevoel van jy het goed en
genoeg geswot het so nou en dan by my opgekom. Daar is ook 'n gevoel
van Oukersaand wat sy kop so nou en dan uitgesteek het.
Maar ek sal jok as ek nie erken dat die hartseer ook maar dik in my
keel gesit het (en nou ook sit) nie. Ek en Anné is al amper 11 jaar
saam en om te dink dat hierdie HOOFstuk in ons lewe kom tot 'n einde
kom maak my maar hartseer. Sy is my nommer 1 liefde en om te dink
iemand anders gaan ook nou my hart m steel is iets wat ek nie mee
rekening gehou het nie.
Maar, ek is opgewonde en verlig en reg daarvoor, so reg as wat 'n mens kan wees.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking