Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2012-12-23

Let's Go Karting

Ek en Poen en Pa het gaan gokarts ry!
Hy't sy naam op die bord gekry!

2012-12-17

Fotos: Oppieplaas

Hierdie is nog 'n lui inskrywing ... net 'n paar fotos. Ons was vandag saam met Mooimooi by "Dayspring Farm" net 'n klipgooi vanaf Richardsbaai waar sy so bietjie eerstehands met die diere waarvoor sy so lief is kon leer ken.

Maar hierdies byt en is groot en beweeg vanself, so dit was nie NET sports nie. Tog dink ek dit was vir haar lekker en vir my was dit lekker om haar te sien gemaklik (en dom) wees met die diere.


 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
Posted by Picasa

2012-12-09

Feestetyd

Die afgelope twee weke het die Jouberts van die een fees na die volgende gegaan. Daar was 'n lekker familie-ete in Pretoria, ons het dieretuin toe gegaan op my verjaardag. Mooimooi het self verjaar, ons was gister by 'n spit braai en vandag was haar verjaardagpartytjie.

(En daar KLAP nou net nog 'n ballon ... die goed klink soos 9 mm skote wat afgaan in die huis sonder meubels!)

Hier is fotos wat die stories moet probeer vertel:



2012-11-10

Vinnige Fotos

Ek het die week 'n draai by Jaco se pa-hulle gemaak en daar gebraai. Hulle wou fotos van Mooimooi sien en toe besef ek ek het nie baie onlangse fotos op die web beskikbaar nie. Hier is 'n paar wat my sommer toelaat om twee vlieë met een klap by te kom ... dit spreek sommer my skuldgevoel oor die swak waarneming van my blogpligte tot 'n mate aan.

 Hierdie een is sommer net 'n foto daar uit die lapa uit met die selfoon geneem toe sy verskriklik casual op die trap gesit het.





Tannie Suzette en Annette het laat September vir ons kom kuier en dit was groot bederf.
 Hier sit Elsoné in die lodge in Hluhluwe waar die tannies vakansie gehou het (en amper almal bosluiskoors gekry het) en speel met die vuurhoutjies waarmee ek moes vuur maak.







 Ons was die Sondag saam met die tannies Hluhluwe-Umfolozi toe. Daar was leeus aan die skerp kant van daai teleskoop.








 Ek het die probeer om dit te ontduik, want ek het geweet as Mooimooi gaan wil swem in die koue water is daar net een van die grootmense wat sou (moes) kanssien daarvoor. Ons het op die ou end lekker geswem in die koue water by die Hluhluwe lodge.



Sommer net 'n foto van Elsoné se eerste happie pizza.








 Sy het 'n smaak ontwikkel vir allerande snaakse goed. Hier sit sy en een 'n heel ui soos 'n appel!







 Ek het die vorige aand vir haar die badspeelgoed so in 'n ry gepak. Die volgende badsessie, toe doen sy dit self.





 Ook by Hluhluwe by die slangpark en Zoeloe "village" word daar in die bos gestap ... sy is gek oor stap.






 Hierdie het ek afgeneem op 'n stapsessie om die blok ... dit gebeur so twee keer 'n week.





Ek het vir haar 'n swaai opgesit in die koraalboom in die voorerf ... dit kom van die buurman af en sy geniet dit oor 'n honderd.






 En intussen is die kombuis nog nie klaar nie, wat beteken dis nog "af-seisoen" wat die hardloop betref.






Verder is Anné hard aan die swot vir haar eksamens (akademies) en hard aan die oefen vir haar eksamen (ballet). Daar is siektes wat kom en gaan maar ons is almal darem redelik gesond. Ek werk elke naweek regtig hard aan die kombuis en die laaste paar kaste wat ons nog terughou om te teël wil net nie klaar nie, maar dit voel of ons baie naby is.

Daar word hard gewerk ook nog in ons dagbetrekkinge ("dayjobs") en in die week is ons pootuit as Mooimooi uiteindelik slaap en dis moeilik om al hierdie ander verantwoordelikhede ook aan te spreek.

Maar ons mag nie kla nie, en ek doen ook nie, dit gaan goed.
Posted by Picasa

2012-09-02

Pragtig in Pers

Elsoné word groot ... sy praat al haar manier van praat wat net Pa en Ma verstaan.

Mocha is "Kokka", Taggo is "Aggo". "Mappa" en "Pamma" hoor ons elke nou en dan en "Pappa" en "Mamma" is wisselvorme. Sy probeer haar bes om stout te word en ons probeer ons bes om dit te keer.

Dit alles is aan't gebeur terwyl ek nog worstel om die kombuis op 'n punt te kry waar dit weer kontrakteurs sal kans gee om blaaie op te sit en teëls te lê. Anné swot verder om 'Onderwys en Admin' agter haar naam te kan skryf en ons span by die werk is baie besig.

Hier is 'n paar fotos van hoe Elsoné vandag lyk met haar pers kleertjies:




2012-06-06

18 maande later

Mooimooi is vandag presies 18 maande oud ... 'n jaar en 'n half. Kan jy glo!

2012-05-06

Kittels in die Bad

Ek het êrens gehoor/gedink daar is net twee tipes babas:
  1. Die wat al 'n kittleglips in die bad gehad het
  2. Die wat nog 'n kittelglips in die bad gaan hê
Ek het begin dink Mooimooi gaan 'n derde kategorie skryf, maar nee, sy het vanaand opgegradeer uit kategorie #2  na kategorie #1 hierbo.

Ek was besig om vir Mamma wyn in te gooi toe hoor ek net iets in die lyn van "Mooimooi!" uit die badkamer. Teks kan dit nie beskryf nie maar Anné se tone-of-voice het die eintlike storie vertel. Maar ek was toe nog nie seker dat dit drama was nie, dit het self geklink of Elsoné iets ouliks gedoen het. En toe hoor ek, "Pappa" soos wat Anné en ek mekaar deesdae noem (bietjie corny, ek weet) ... asof ek gou iets moet kom kyk of dalk met iets moet kom help. En toe, "... kom help gou hier".

Op daai oomblik het ek geweet dis nie iets ouliks nie, en toe ek in die badkamer kom, is Elsoné buite die bad, die meerderheid kittels in die bad en een verlore een op die badmatjie.

Nouja, dit het beteken vars badwater moes getap word voor vanaand se badsessie suksesvol afgehandel kon word.

Op 'n heel ander noot ... Elsoné se oulikheid het skeinbaar geen perke nie, veral nie vir 'n subjektiewe Pa en Ma nie. Sy is nou op die punt om te besef dat alles wat vier bene het nie honde is nie en het vanaand haar ma nagepraat toe ons die softtoy kat vir haar wys en sê wat dit is. Tot nou toe is alle diere se geluide nagemaak as 'n diep binnesmondse "wmf! wmf!". Maar witkat maak 'n "mienauw, mienauw" geluid blykbaar .. haar enigste katverwysing op hierdie stadium is Matewissie uit "Liewe Heksie".

Laat ek maar 'n paar fotos ook hier byvoeg:

















2012-03-29

Mooimooi se Lopie

My rekenaar kan weer aanskakel na al die chaos hier in die studeerkamer met die bou en brekery. Ek het ook 'n kansie gekry om Mooimooi se eerste treetjies wat ek afgeneem het op te laai.


From Om Pa Te Word




Toe ek nou weer daarna kyk het ek weer die gevoel gekry van die spesiale oomblikke wat dit was.

2012-03-13

Loop

Dit het so 'n bietjie gouer gebeur as wat ek verwacht het, maar dit is wonderlik dat ek hier was om dit te die. Mooimooi het haar eerste treetjies gegee so driekwartuur gelede!!!!

2012-02-19

Mooimooi maak 'n Plan

Ek en Elsoné had maar 'n dag van oppe en affe - sy is definitief nog nie 100% gesond nie en voel ook nie altyd so lekker nie, maar hierdie het my dag gemaak...

Ek en sy het die normale geveg geveg om kos in haar lyfie te probeer kry (wat gepaard gaan met heelwat spelery en rondbeweeg). Toe sy genoeg geëet het besef ek dat sy waarskynlik dors sal wees na al die gespook en los haar toe in die lapa om nog 'n bietjie te speel terwyl ek vir haar 'n "Pump"-bottel gaan voorberei met 'n bietjie water.

Toe ek "uiteindelik" (45 sekondes later) by haar kom met die bottel water het dit wat ek gesien het my my kop laat skud en my mond laat oophang. Sy het in daai kort rukkie gekruip vanaf die lapa na die trap oppad na die leefareaskuifdeur waar ek vroeër die gewasde joghurtbakkie gelos het. Sy het die bakkie gevat, water uit die swembad geskep en haar dors begin les! Ek kon dit nie glo nie en een van die gedagtes wat by my opgekom het is die wonder van die skepping.

Ek was gelukkig genoeg om van dit so bietjie op beeld vas te lê:

Die oomblik toe sy sien ek sien hoe
oulik sy is.

Oppad swembad toe om die volgende sluk te kry

Die volgende sluk word onttrek

Hier is 'n bietjie video van die hele storie ook: