Ek en sy het die normale geveg geveg om kos in haar lyfie te probeer kry (wat gepaard gaan met heelwat spelery en rondbeweeg). Toe sy genoeg geëet het besef ek dat sy waarskynlik dors sal wees na al die gespook en los haar toe in die lapa om nog 'n bietjie te speel terwyl ek vir haar 'n "Pump"-bottel gaan voorberei met 'n bietjie water.
Toe ek "uiteindelik" (45 sekondes later) by haar kom met die bottel water het dit wat ek gesien het my my kop laat skud en my mond laat oophang. Sy het in daai kort rukkie gekruip vanaf die lapa na die trap oppad na die leefareaskuifdeur waar ek vroeër die gewasde joghurtbakkie gelos het. Sy het die bakkie gevat, water uit die swembad geskep en haar dors begin les! Ek kon dit nie glo nie en een van die gedagtes wat by my opgekom het is die wonder van die skepping.
Ek was gelukkig genoeg om van dit so bietjie op beeld vas te lê:
Die oomblik toe sy sien ek sien hoe oulik sy is. |
Oppad swembad toe om die volgende sluk te kry |
Die volgende sluk word onttrek |
Hier is 'n bietjie video van die hele storie ook:
Hierdie opmerking is deur die outeur verwyder.
AntwoordVee uitJul dogter is geniaal. En sy word net by die dag mooier!
AntwoordVee uitEk sal nie stry nie...
Vee uit