Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-07-08

Okay, nee, niks slaap nie

Sy was blykbaar nie so moeg as wat ek gedag het nie...

Gevoer

Ek het gou my hare by Ange laat sny - Mooimooi s'n moes ook gesny word, maar daar was 'n kommunikasiegaping.

By die huis gekom was dit tyd om haar te voer - ek het haar gevoer gekry, maar natuurlik nie sonder sukkel nie - sy was nie baie lus vir die hoender en wortel nie, maar het geen probleem met jogurt nie. Sy het seker goed genoeg geëet. Daar was 'n paar benoude oomblike met vreemde proes geluide en gesigte wat haar onervare pa laat wonder het of hy in 'n noodtoestand-mode moet ingaan. Dit was gelukkig nie nodig nie.

Ek het haar in die bed gesit om hopelik 'n bietjie te slaap voor badtyd - sy het gister 'n koekskoot geslaap hierdie tyd so ons sal maar sien.

Weer net Ek en Mooimooi

Ek het nou net vir Anné by die lughawe gaan aflaai. Sy gaan vir die naweek Gauteng toe vir werk. Ek en Mooimooi sal mekaar maar geselskap hou. Ek is hierdie keer 'n bietjie meer uit my diepte as laas toe dit net ons twee was. Nou moet daar gevoer word met vaste kos en sy slaap heelwat minder deesdae, so ons sal maar sien hoe dit gaan.

Maar dit gaan lekker wees om so baie van haar te hê - die afgelope week het ek haar maar minnerig gesien.