Sommerfotos
Sommer net 'n oulike fototjie van 'n oulike Mooimooi |
Lê lekker by Mamma voor sy begin regmaak vir werk |
Elwica en Herman se Kuier
By Mapelane 'wyl ons regmaak vir piekniek |
Oom Herman en Tannie 'Wica kuier bietjie saam met Mooimooi - Pa braai eier en spek |
In die Wildtuin
Betyds vir sonop in die wildtuin |
By Mpila kamp het ons koffie gedrink. Maar dit was koud en die son wou nie lekker skyn nie. |
Middagete (worsbroodjies) by die piekniekplek reglangs die Hluhluwe-rivier |
Sommer nog 'n "bosfoto" |
Dit lyk of ons die dag geniet het... |
Hierdie drie zebra's was baie op hulle senuwees waar Anné die luiperd gewaar het. Kyk die wond op die vulletjie se agterbeen ... is dit deel van die storie? |
Sprinkaanvoëls en Buffels oppad uit die wildtuin uit naby die boonste hek van Hluhluwe kant |
Lang Hare
Lawwe gesig met woeste babahare |
Pappa en Mooimooi se krullebosse |
Net Pappa en Mooimooi
Die nadrag van 'n eerste Pappa-voersessie |
Ek en Elsoné het lekker rustig naweek gehou, maar ek het weer besef dat dit eintlik 'n voltydse ding is om na haar te kyk - nie dat 'n mens omgee nie.
Ek het kans gehad om haar te voer, iets wat ek eintlik nog nooit gedoen het tot laas naweek toe nie en dit was uit die aard 'n bietjie van 'n leerkurwe maar ook lekker op 'n manier.
Ek het haar aan die koei voorgestel, en sy het dit nou geniet... |
Anné was darem al 11h25 terug Sondagoggend en die Weichs was die afgelope twee weke op vakansie in Ballito, so hulle het Sondag ook 'n bijetjie vir ons kom kuier.
Die Weichs het ook kom kuier en Riechard en Ruan kon 'n nuwe maatjie maak. |
En Verder?
Die maan het mooi kringe gemaak Maandagaand - ek kon darem 'n gawe foto daarvan maak. |
Met die dat Elsoné se hare toe nie saam met myne gesny is nie, het Anné dit toe maar self 'n bietjie ge-"trim". |
Sy sit te oulik in die bad, haar bene maak'n diamant "<>" onder haar en sy sit al lekker sterk so. |
Hoe kon ek nie hierdie foto oplaai nie... |
Daashy, ons albei se hare 'n bietjie ge-"trim"... |
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking