Ek het dit nou vanaand vir die eerste keer beleef dat Elsoné in my arms aan die slaap is. Van kleins af (sy is nog klein, ek weet) het ons haar neergesit net voor sy heeltemal slaap, so ek het haar nog nooit vasgehou terwyl sy slaap nie.
Toe ek haar netnou uit die stoeltjie uithaal het sy so bietjie wakker geword, maar toe gou weer so op my skouer aan die slaap geraak. Haar slap lyfie was ekstra slap, en ek het haar amper in haar eie bed laat val omdat sy so vreemd gevoel het.
Maar dit was lekker toe sy so rustig op my skouer geslaap het terwyl ek haar kamer toe gedra het.
Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")
For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")
2011-03-30
Vyf Ure Later Leef Ons Nog
Ek het by die huis gekom en Elsoné het mos 'n bietjie geslaap sodat ek kan op datum kom met die blog en gemaklik hierdie meer gereëlde inskrywings kan maak. Ek het die vorige inskrywing gemaak en daarna begin om "Hitchhiker's Guide To The Galaxy" te luister op youtube, met my een oog op die Indië vs. Pakistan wedstryd.
Toe Mooimooi wakker maak het ons ons hardloop "kit" aangetrek en so ses kilos om die blok gehardloop. Sy moet baie fiks wees, want sy het nie eers vinnig asem gehaal nie. Terwyl ons besig was wou Tim per SMS weet hoe laat ons kom vir aandete. Dit was so rondom 17h15. Ek was onder die indruk dat die reëling was dat hulle vyfuur sal eet en ek na Elsoné se badsessie (so 18h30) kan kom. Maar ek en Tim had weer 'n kommunikasiegaping en hy het gedog ek kom voor ek vir Elsoné bad.
Ek het toe by die huis gekom, gou deur die swembad gespring om te probeer afkoel, Elsoné getroos en gebad. Sy het toe sommer maklik gedrink, omtrent 80 - 100 ml, maar die afspraak met die Ellii het op my senuwees gewerk.
Ek was toe op die ou end so 18h35 by hulle gewees en Elsoné was bietjie omgekrap. Ek het haar sommer so in die karstoeltjie op die stootkarretjie gelaai en met die fopspeen en haar spoegdoek getroos en sy het sommer gou rustig geraak en geslaap, iets wat Tim en Sue albei waardering voor uitgespreek het, want hulle twee kleingoed is blykbaar nie so maklik om rustig te kry vir slaaptyd nie.
Sue het baie lekker bobotie gemaak. Sy sê dis een van die min "Kook en Geniet" resepte wat sy nog maar net soos dit in die resepteboek staan maak. Ek wou nie te lank kuier nie, Tim en Mathew is albei siek en ek is ook heel moeg, maar dit was lekker om sommer gou daar te kon gaan kuier en aandete te eet.
Elsoné slaap nou, kom ons hoop maar dit gaan oraait - ek dink sy sal vroegoggend wakker word, want Anné reken sy het nie so goed vandag gedrink nie. Ek het met haar gepraat toe sy op die vliegtuig sit. Sy vlieg vanaand besigheidsklas in 'n A380 met Lufthanza na Frankfurt!

Fotos: Probeer Inhaal
Ek het agter geraak met die gebloggery. Heelwat het intussen gebeur, en ek praat nie net van die Proteas se poging om deur te dring na die halfeindrondte van Krieketwêreldbeker 2011 of die aardbewing en tsoenami in Japan nie.
Die fotos vertel nie so baie nie, maar tog 'n deel.
| Sommer net iets wat ek moes afneem |
| Belinda-hulle se twee dogtertjies (uit fokus, beweeg) |
| Lekker gekuier, al was dit net een aand. |
| Elsoné lag vir haar Ouma terwyl daar gebad word |
| More sê in Oupa en Ouma se bed |
| Baai- baai-sê-foto |
| Tussen Piet Retief en Pongola, 'n goeie deel van die pad |
Ek en Tim het ook die naweek wat verby is 'n "kleedrepetisie" van die two oceans marathon gehou. Ons het in so 40 ure 'n bietjie meer as die marathon se totale afstand gedoen in drie sessies:
Deel I
Deel II
Deel III
En nou is ek en Mooimooi alleen by die huis. Ek het netnou vir Anné en DrC. by Richardsbaai lughawe gaan aflaai. Hulle gaan vir die naweek Praag toe vir 'n konferensie. Ek sien kans vir alles, ek weet net nie hoe ek geoefen gaan kry nie.
2011-03-14
Steeds 'n plesier
Ek het nou vir Elsoné gebad en sy pas amper nie meer in haar badjie in nie. Sy skop teen die "voet-en-ent" van die bad gedurende die proses en gaan een van die dae begin om haar kop te stamp teen die "kop-en-ent" met die geskoppery.
Sy het laas week ook begin om hardop te lag, nie net glimlag met 'n koer nie, lag. Dis wonderlik. Sy lag nog nie so gereëld nie, maar dit maak dit ekstra lekker as sy wel lag.
Die naweek was mal warm gewees. Saterdag het die kwik gedraai by 38 °C en Sondag toe ek bietjie gaan golf speel het was dit bewolk tot so 09h30 se koers, maar toe die son daar uitkom was dit weer iets verskrikliks - so ongemaklik as wat ek al op 'n golfbaan was, dit laat my dink aan die eerste rondte wat ek Anné en MarkK by Empangeni gaan speel het toe ons net hier in Zoeloeland aangekom het.
Na die golf het Halvar en Chantel sommer hier kom help braai aan 'n hoender in die Weber en ons het baie lekker gekuier. Elsoné was so in en uit by ons onder die lapa soos sy wakker was en geslaap het. Ek is nog steeds baie dankbaar dat sy ons tot 'n groot mate toelaat om aan te gaan met ons lewens soos ons dit geken het. Maar dit moet dalk net bygesê word dat Anné dit seker nie heeltemal so beleef nie - sy is permanent met Elsoné besig, al is dit so natuurlik en ongesiens.
Ek is maar tog 'n bietjie onseker oor die naweek wat Anné Praag toe gaan en ek en Elsoné na mekaar moet kyk - die laaste ruk was ek nie so fluks met haar gewees nie. Sy was nou-nou niks lus vir haar bottel toe ek haar klaar gebad het nie; wou net haar fopspeen hê en slaap. Ons het haar neergesit dat sy maar kan slaap, maar Anné wou haar net gou toedraai voor sy haar neerlê. Ek het gedag ek moet gou iets hier kom skryf en het kom sit. Anné is nou nog daar, so sy het seker weer probeer om bottel te gee en Elsoné is nou rustiger, so sy drink. Ek hoop nie sy was onrustig omdat sy maar vreemderig vir my is as sy moet bottel vat na badtyd nie - maar ek dink darem nie so nie.
Sy's pragtig en 'n plesier om te sien. Ek kan nie glo watse uitwerking sy op my het nie.

2011-03-09
2011-03-07
Okay, dit was rof!
Toe ek vir my goeie vriende en kollegas by die werk noem dat ek 'n blog wil skryf oor Baba#1 een het hulle reaksies alles ingesluit van 'n gelag tot 'n oogrollery en die lewe van die blog is voorspel om enige iets tussen twee weke en twee maande te hou.
Ek moet herken, en die een of twee van julle wat nog lank genoeg vasgebyt het om hierdie te lees sal weet, dat ek nie die "voorbeeldigste" blogger is wat konsekwentheid betref nie. As 'n voorbeeld: ek is al meer as 'n maand agter met Elsoné se weeklikse fotos onder die opskrif van hierdie blog.
Ons het vanaand iets nuuts probeer. Anné het vir ons ordentlik inkopies gaan doen so 'n week of twee voor Elsoné aangekom het. Ons het so omtrent twee weke terug besef ons moet dit sterk oorweeg om weer vir ons te gaan inkopies doen. Die besluit was toe om die grootse taak aan te pak vanmiddag na werk. So gesê so gemaak.
Alles het eintlik heel goed gegaan - Anné het die trollie volgemaak en ek het vir Elsoné vermaak en in haar karretjie rondgestoot. Daar was nie groot drama nie totdat Anné die Jump-o-Lene kasteel gesien het wat ons nou al 'n hele ruk soek vandat ons een by Conrad-hulle gesien het. Die ding was bo-op die vrieskaste in Pick 'n Pay, styf ingepak tussen ander bokse. Nadat ek vir Elsoné en haar karretjie staangemaak het langs my het ekgerek en die boks afgehaal. Maar met die afhaal het die boks langsaan, natuurlik aan Elsoné se kant afgeval, bo-op haar en die karretjie. Ek het my bes probeer om dit te keer sonder om die ander groter boks ook op haar te laat val. Sy het definitief geskrik maar nie te erg nie, maar haar pa het heelwat meer geskrik. Ek kon net nie help om te dink wat sou gebeur as die bok met sy hoek op haar geval het nie. Snaaks hoe 'n mens aan veiligheid dink op plekke waar dit duidelik is dat iets onveilig is maar, wat kan nou onveilig in 'n Pick 'n Pay wees.
Dit het my laat besef dat Elsoné se welsyn vir my belangriker is as wat ek dink of besef, of beheer het oor. As dit met enige iemand anders sou gebeur sou dit vir my so maklik wees om dit net af te skryf en te sê "Vergeet nou daarvan, niks het mos gebeur nie." Maar in hierdie geval was dit net nie so maklik nie. Ek is nou oraait, maar om op daai stadium te dink aan wat kon gebeur het my tee goed geroer.
Nou ja, wat die inkopies doen op 'n weeksaand betref - die jurie is nog uit of dit in die afsienbare toekoms 'n volgende geleentheid gaan kry. Maar ons het toe gaan probeer om ons wonde te lek by Panarotti's en kon darem ons voorgereg (daai twister goeters van hulle) en 'n sny pizza elk inkry. Maar Elsoné het ook op daai stadium laat te kenne gee dat sy nou nie meer van die speletjie hou nie en wil huis toe en gaan slaap. Nou ja, ons het darem lekker take-aways vir middagete more.
End dis nou 20 oor agt in die aand. Ons almal is in die bed en reg om uit te pass (die wat nognie uitgepass het nie). Ek is vanoggend 04h15 al op om 13 km te gaan hardloop, PieterG was by.
Ek het my weer opgewerk oor Tim se vooruitgehardlopery en het toe besluit ek gaan net vir hom sê dat dit "op my spiere werk". Ek het vasgebyt en vir hom gesê op pad werk toe. Ek is baie bly ek het dit gedoen. Niks het verander nie, maar ons kon vinnig daaroor gesels weet en verstaan weer waar ons met mekaar staan. Ons het nog baie om te doen ter voorbereiding vir die Two Oceans (ek het nog steeds nie ingeskryf nie), maar eintlik vorder ons baie goed.
Ons is regtig besig by die werk, maar alles is darem interessant en lekker bevredigend.

2011-03-04
Sy vat houe
Met die vorige inentingsessie het sy maar net 'n bietjie huilerig geraak, maar vandag is dit anders. Sy het gegaan vir rondte twee vandag en vat dit verseker nie so goed soos laas nie. Sy kry nie lekker geslaap nie en tot nou toe het die Panado-stropie nog nie veel gehelp nie.
Ons hoop maar as haar magie vol is en sy het rustig geraak sal sy lekker kan slaap. Sy het definitief rustiger geraak nadat sy gebad het, so kom ons hoop sy kan goed slaap ook - dit sal haar baie goed doen.

2011-02-25
Teken in met vonkpos
Ek het uiteindelik die moeite gedoen om dit moontlik te maak om op datum te bly met die blog via vonkpos. Tik jou vonkpos adres in by die "WORD 'N VONKPOS INTEKENAAR AFDELING" of kliek hiersô:
Jy sal dan 'n vonkpossie kry wat wil weet of dit jy was wat wou inteken op hierdie blog. As dit jy was, kliek net op die skakel in die vonkpos wat so iets lyk:
http://feedburner.google.com/fb/a/mailconfirm?k=TYO14jahM45kwR1YkuMgoGB_M-Y
Jy behoort dan van daar af al my nonsenspratery in jou ienboks te kry.
2011-02-23
Ons Eie Mensie
Ek het maar lui geraak met die gebloggery, maar dit gebeur darem nog so nou en dan en ek hou aan om myself daaraan te herinner dat ek die tipe ou is wat oor vyf jaar daarna gaan kyk en dit waardeer. Ek sal dit ag as iets van onskatbare waarde en baie bly wees ek was die een wat kon vasbyt en 'n 10 of 15 minute afknyp om te seg hoe dinge nou staan.
En soos dit is het ek nie regtig veel op die hart nie - net nog 'n teken van die luiheid.
Wat wel ges^e moet word is dat ons die naweek wat verby is verskriklik gemuf het. Ons het net mooi niks gedoen nie. Maar dit was hemels. Ons het die PVR gekyk dat sy wange induik. Toe die naweek begin was hy vol - 97%. Toe die naweek verby was het die syfers omgeruil na 79% toe. Die feit van die saak is dat ons niks het om te wys vir die naweek wat verby is nie. Ons het skaars ander klere as slaapklere aangehad, dammit.
Maar daar was 'n mate van sin daarin. Saterdag het Elson'e saam met ons deurgebring, daar op die banke in die TV kamer. Sy het omtrent die hele dag op Ann'e se bank deurgebring en ek het ten minste 'n halfdosyn kere gedink hoe dit anders is as vorige naweke wat ons so verskriklik gemuf het. Hoe Ann'e die hele tyd moet toelaat dat haar aandag by die TV gebreek moet word vir Elson'e se onthalwe was 'n openbaring. Ek het gedink dat ek waardeer dat dit sy is wat na Elson'e kyk en dat ek haar bewonder het vir hoe soomloos sy dit laat gebeur - asof dit haar glad nie gepla het nie.
En toe, Sondag was dit my beurt. Sondag het ons die mufprogram voort laat gaan en Elson'e was my "probleem". Maar probleem was sy glad nie. Sy was nie meer onrustig of ontstig as Saterdag nie, ook nie makliker of rustiger nie. Die situasie was eintlik glad nie anders nie, behalwe die feit dat ek dit nou subjektief i.p.v. objektief kon beleef. Dit het my weereens getref dat sy nie vir ons 'n "chore" is nie. Sy is nie 'n oorlas nie. Sy pla nie. Sy dra by. Sy voeg waarde toe. Sy is nie net 'n entiteit wat aandag en moeite verg nie. Of dalk is sy al daai goed, maar dit maak nie saak nie. Dalk is ek te subjektief oor my dogtertjie wat my toelaat om my eie selfmens te verlo"en.
Badsessies raak spesiaal. Dit is 'n lekker kansie vir my om elke dag goeie tyd saam met haar te spandeer. Dit voel vir my na 'n clich'e want ek het dit oral by ander nuwe ouers gehoor en nie veel daarvan gedink nie. En as ek eerlik wil wees is daar dae wat ek verkies om nie die badwerk te doen nie, ek is maar 'n lui helsim. Maar die feit daarvan is dat dit dadelik lekker is as ek begin daarmee.
En toe was daar twee tjerries op daai koek ook nog eergister. Die baddery was klaar en Mooimooi het al ver gedrink gehad aan haar aandetemelkies toe sy begin om belangstelling in die melk te verloor. Sy was nog goed wakker en nog nie te slaperig nie. Ek het toe sommer net weer gesigte vir haar getrek om te kyk of daar 'n reaksie kom, en sowaar... Ek kon haar twee keer kry om van oor tot oor (met die tietiebottel in haar mond) te glimlag sonder dat ek anders aan haar vat of haar kielie of so iets. Al wat ek moes doen was om my o"e toe te maak en dan skielik GROOT oop te maak en vir haar te kyk terwyl sy my so diep in die o"e kyk. Dit was een van daai om-pa-te-word oomblike. Ek dink ek sal dit vir altyd kan onthou, selfs sonder 'n blog - maar die blog sal help daarmee.
Verder, ander nuus is dat ons vanaand Taggoloos is. Dis maar die derde aand in 10 jaar (amper 11 as my geheue my nie in die steek laat nie). Hy is by veearts Otto oor sy snotneus wat net nie wil opklaar nie. Hy is vroeg vanoggend ingevat maar dr.Otto-hulle had twee noodgevalle wat hulle aandag geverg het en Taggo kon nog nie 100% ondersoek word nie. Hulle het gevra of hy vanaand daar kan slaap sodat hy more die nodige aandag kan kry. Dit het 'n groot debat tussen sy pa en ma afgegee oor die foon en ons het toe besluit / gehoop dat oorslapery hulle sal toelaat om hom vroeg more oggend aandag te gen en hy kan dan vroeg huis toe kom. Dit is hopelik wat gebeur en beter as om hom weer later in te vat en hy moet weer vir 5 of so ure wag omdat die dag weer sy eie moeilikheid sou bring wat weer hulle aandag sou verg. Maar ons mis ons brak en daar is 'n groot gaping in hierdie huishouding sonder ons Taggoris. Ek hoop die behandeling (wat dit ook al mag wees) doen hom baie goed en gee hom nog 'n "lease on life". Ek mis my brak.
Teken in op:
Plasings (Atom)