Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-06-03

You have an MMS message!

view to the message. (Note that you cannot reply via your email's reply function)


Dankie Mooi Mooi

Ek en jou ma ekon vanaand na 'n mandjie-dans toe gaan en jou saan vat. Bo dit alles het jy lekker geslaap terwyl ek en Mamma die danskans BAIE geniet het.

Eendag as jy dalk hierdie inskrywing lees kan jy dit reken as die eerste regte betoning van dankbaarheid teenoor jou in jou lewe so ver.

Message delivered by vodacom

2011-06-02

Weer sleg

Ek was al weer sleg met die bloggery, ai, sonder goeie rede. Weer moet ek maar staat maak op die fotos wat geneem is.

Al wat ek kan sê is dat Elsoné definitief grootword. Ons kan dit aan haar lyfie voel, ons kan dit aan haar gewig voel, ons kan dit aan haar interaksies sien en sy bly maar NET 'n plesier.

So, hier is 'n paar fotos van die afgelope maand...

Hopelik vertel die fotos se onderskrifte die verhaal. Pause hom en werk hom deur met die pyltjies om die fotos kans te gee om te laai sodat die onderskrifte kan by hou.

2011-05-07

Fotos: Two Oceans Kaapvakansie

Ek gaan sukkel om die afgelope twee weke met woorde in te haal, so ek het besluit om eerder 'n paar fotos van die afgelope kuier in die Kaap rondom die Two-Oceans Ultramaraton. Die fotos kan maar die praatwerk te doen.



Dit was regtig lekker; my resies was 'n groot sukses EN ons het goed gerus. Al wat sleg is is dat almal bietjie verkoue by my gekry het. Ek vermoed my gestel was maar af na die resies en ek het almal in die huis toe aangesteek - Mooimooi inkluis.

Soos baie al weet is dit nie lekker om 'n siek babatjie te hê nie, maar weereens, sy gaan maar net aan en bly ons plesiertjie.

2011-04-24

2011-04-19

Broek be...

Ek is besig om 'n paar verstellings aan die blog te maak toe ek net 'n harde gepratery daar uit Mooimooi se kamer hoor. Ek spring toe natuurlik op om te hoor of daar iets is mee te help, want teen die tyd behoort dit nou al rustig en suutjies te raak in haar kamer met die dat dit al sterk slaaptyd se kant toe staan.

Ek het gevra wat is fout en het net 'n baie tevrede baba en minder tevrede mamma sien wat vir my vertel: "Sy het nou net haar skoon broek beskuit en wil nie verder drink nie".

Slaap is vir eers afgeskuif op die agenda ...

Fotos: Badtydaksie

Hier is sommer net 'n paar fototjies van 'n badsessie of twee die afgelope week.







Ons vlieg oormore Kaap toe vir die Groot2 en ek is reg en opgewonde daarvoor en daaroor.

Verder het ek ook 'n bietjie die lewe makliker gemaak vir voornemende vonkposintekenaars.

2011-04-13

Fotos: Ma is terug en nog eerstes

Ek is al weer stadig gewees en het maar my tyd gevat om iets geblog te kry, maar hier is 'n paar fotos van die afgelope week en 'n bietjie.

Anné het toe vir Elsoné 'n regte egte Praagmarionet gekoop en sy lyk of sy mal is oor hom - sy kan haar oë nie van hom afhou nie. Ons het hom Kazzimir gedoop.




Die naweek wat verby is het sy twee eerstes beleef. Ons het haar vir die eerste keer in seewater gehad, maar sy was nie te opgewonde daaroor nie. Daar was darem 'n lekker foto of twee om te neem daarvan.



Anné het ook besluit dis tyd dat sy moet begin om te leer eet. Laas Vrydag het sy die eerste keer begin om vir Elsoné pappies gevoer. Dit is uit die aard van die saak 'n lekker gemors, maar dit het begin lyk of dit wil beter gaan. Al probleem is dat dit lyk of sy nou hardlywig is. Ons hoop dit klaar gou op dat sy weer verder kan leer om te eet.



Hierdie laaste twee fotos het ek geneem met 'n wit papier voor die kamera se flits om die flits se lig minder "harsh" te maak op die foto - dit werk besonder mooi vir daai doel.

Verder is die TwoOceans se voorbereiding feitlik klaar en ek begin nou regtig om daarna uit te sien.

2011-04-03

Fotos: Pa en Dogter wat grootword

Hierdie is nou nie net fotos van Anné se wegwees nie:

Ons was laf toe Ma nie hier was nie

Sommer net 'n lekker foto

Sy lê al die bad vol

Rustig aan die slaap terwyl Ma terugvlieg van Europa af

Het dit oorleef

Anné is nou nog nie terug nie, maar sy is al in die land. Sy is nou oppad Durban toe om so twee ure vroeër hier aan te kom as wanneer sy met die 16h00 vlug reguit Richardsbaai toe sou vlieg.

Elsoné slaap nou en alles is relatief rustig. Ons het die langnaweek in mekaar se geselskap oorleef. Dit was eintlik lekker.

Gister was besiger as wat ek verwag het. Ek het so vir 2 ure gaan gym en dit alleen was 'n "mission" om my en haar in rat te kry om daar te kom. Van die 2+ ure by die gym het ek net omtrent 'n uur en half spandeer aan sweet. Daar was admin om haar in te kry en om haar uit te kry en ek moes nog stort voor ons kon ry ook.

Na die gym is ons gou mall toe, 'n fout, want dit is maandeinde, maar ek moes gaan - haar kos is amper op, ek moes 'n tjek inbetaal wat al meer as 'n maand in my beursie is en Danie se verjaardag was gisteraand - ek moes kyk vir 'n persentjie. Nouja, ek het net so gou as moontlik probeer maak, maar dit was nog steed heeltemal te lank na my sin in daai malhuis.

Oppad huistoe het Eben my gebel om te sê hy is reg om die voëlhokke te gaan haal, terwyl Nicolette 'n ogie op Mooimooi hou. Hy het Vrydag met my gereël dat ek moet help. Ek het gou by die huis gestop om 'n onderbroek aan te trek - ek loop toe al sonder 'n onderbroek vandat uit die gym is - ek het vergeet om een in te pak!

Ons het toe vir Tim gaan haal om te help met die handearbeid van die hokke laaiery en dit was darem nie te harde werk nie - ek het myself net jammer gekry, want ek is deesdae so sleg as dit by "manual labour" kom. Ek kan vir 4 ure lank aanhoudend harldloop, maar as ek 'n bietjie fisiese werk moet doen gaan dit maar swaar, shame!

Ons het so bietjie die krieket gekyk en die Lemmers het lekker pannekoek gebak. Ek is omtrent 16h00 daar weg toe Elsoné wakker word. By die huis aangekom het ek 'n laptop aangesit met Radio 2000 streaming dat ek kan krieket luister. Ek het gestort en toe vir Elsoné gebad en probeer voer (dit was vroeg, so sy het nie so braait gedrink nie) en alles gepak vir Danie se verjaardagbraai (wat 17h00 saam met die Stormers-Sharks wedstryd sou begin).

Ek was toe eers so 18h20 daar en het toe vir Elsoné in Kara se kamer gaan sit dat sy kan slaap, maar slaap was min gisteraand. Toe ek wou sien of sy dalk iets wou drink kom ek agter dat die immerbelangrike doeksak nog by die huis is. Ek het die gou gaan haal, en sy het natuurlik niks uit hom nodig gehad nie - sy wou net deel van die geselskap wees, maar het darem later geslaap.

Sy het goed deur die nag ook geslaap, sy was eers 06h20 wakker vir haar eerste bottel (maar ek verbeel my ek het gedroom sy huil êrens nader aan die middel van die nag, ons sal nooit weet of sy wel gehuil het en of ek wel gedroom het nie)

Die uiteinde van die saak is dat ek dit oorleef het, sy het dit oorleef en oorlewing was nooit eers 'n kwessie nie. Dit gee mens net waardering vir wat dit is om die voorreg te hê om nie enkelouers te wees nie. Die kleinste goedjies wat Anné doen terwyl ek die grootste deel van die badwerk doen (of andersom) maak so 'n groot verskil - iets simpels soos om die waslap te gaan haal as jy hom vergeet het ensovoorts. En dis net die praktiese goed. Om die onophoudelike  verantwoordelikheid alleen te moet dra as enkelouer vat seersekerlik senuwees van staal.

2011-03-31