Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-07-08

Weer net Ek en Mooimooi

Ek het nou net vir Anné by die lughawe gaan aflaai. Sy gaan vir die naweek Gauteng toe vir werk. Ek en Mooimooi sal mekaar maar geselskap hou. Ek is hierdie keer 'n bietjie meer uit my diepte as laas toe dit net ons twee was. Nou moet daar gevoer word met vaste kos en sy slaap heelwat minder deesdae, so ons sal maar sien hoe dit gaan.

Maar dit gaan lekker wees om so baie van haar te hê - die afgelope week het ek haar maar minnerig gesien.

2011-06-22

Ek wou nog sê

Golf


Dis nou al Woensdag en ek wou al laas Donderdag hierdie inskrywing gemaak het. Dit verduidelik hoekom dit voel of die tyd so gou verbygaan - dit doen...

Al wat ek toe wou sê is dat ek en Anné gaan golf speel het Donderdag. Dit was nou al die derde poging gewees om dit gereël te kry, maar hierdie keer het die planete in 'n ry gestaan dat dit uiteindelik kan gebeur.

Dit was die eerste keer wat ek en Anné saam kon gaan golf speel sedert laas jaar die 13e Julie toe ons op vakansie was. Dit was ook die eerste keer wat ons vir so lank saam sonder Mooimooi was - nie dat ons dit nodig gehad het nie.

Dit was baie lekker. Anné het my 'n goeie "go" gegee op die eerste agt gate - daar was net een punt in dit. Maar sy was baie moeg gewees by die halfpadpunt en haar wiele het heeltemal afgekom met die tweede nege. Daar was nie 'n karretjie te huur vir die tweede nege nie so sy moes maar stap.

Ons het so bietjie skuldig gevoel oor ons vir Elsoné so op haar eie los, maar aan die ander kant was dit baie lekker om so bietjie ons eie ding te doen.

Raak nou Erg

Ek besef elke nou en dan hoe erg ek oor haar raak amper tasbaar. Ek kan dit nie regtig beskryf nie, so ek gaan nie eers probeer nie.


Stoutigheid

Dis dalk 'n bietjie gou om te sê maar daar is tekens dat sy al begin om die uiterstes te beproef om te sien hoe ver sy met ons gaan wegkom op 'n paar goed. Ek wonder hoe ons dit gaan hanteer as ons besef sy is regtig besig om stout te wees.

Vordering

Sy raak by die dag meer seker met haar hande en haar nek raak sterker en haar spiere word al sterker en slimmer om te balanseer as mens haar ronddra. As mens haar op haar maag neersit wil-wil sy al haar boude lig om op haar knieë te kom en in 'n kruipposisie te kom. Maar die tande bly darem nog steeds weg en sy vorder nie te vinnig dat 'n pa en ma nie kan byhou nie.

2011-06-19

Video: Vadersdag handewerk

Anné het my omgepraat om die spaarkamer se vloer ook te tackle en te doen soos Elsoné se kamer. Ons het toe maar vandag ingespring en dit gedoen. Ek het 'n videotjie gemaak om te wys hoe dit gevorder het:

From Om Pa Te Word

Fotos: Vadersdag ens.

Ek is so stadigaan besig om 'n ateljeetjie aanmekaar te slaan vir bietjie kameraspeletjies. Die eerste fotos is die week daar geneem en dis ongelooflik watse verskil 'n swart agtergrond maak...




Elsoné is nog bietjie dom in die Jolly-jumper maar dit sal kom. Anné het haar gister sommer in hom gevoer en daar is allerhande joligheid wat daarmee gepaard gaan...




Sy het nou ook al haar badraampie waarin sy lê gedurende badtyd begin ontgroei en sy moet nou leer sit in die bad op haar nuwe mat wat keer dat sy so gly in die bad. Die eerste sessie het haar wel gesig-vooroor in die water laat beland, maar sy sal regkom
Voor die "faceplant"
Na die "faceplant"





Sy het dit toe darem nog kon geniet na die "faceplant

Anné het vir ons albei T-hemde gegee vir vadersdag. Hare het 'n foto van my agter op en die woorde "Pa se Mooi-mooi" voor op en myne 'n foto van haar met die woorde "Mooi-mooi se Pa" voorop. Flippen cool!


2011-06-14

Fotos: Allerlei (Beterskap)

Elsoné se siekgeid het toe darem nooit regtig gekom nie. Die uitslag het amper so gou verdamp as wat dit gekom het en sy is weer ons "chillpil".

Sommer net 'n paar fotos:

Cowmooi

Ons drie in die wildtui

Lekker laf wees in die Bumbo - sy speel "vlermuis"

Sommer net 'n groeifoto

Sy kyk wild in die wildtuin...

2011-06-11

Mooimooi voel nie lekker nie

Vanoggend voel Elson'e nie soos haarself nie. Ons wonder maar of dit
tande is en of dit is dat sy ook nou begin siek word. Sy het maar
sleggerig gedrink gisteraand maar eintlik nie te sleg geslaap nie.
Daar is 'n bietjie van 'n uitslag op haar lyfie ook. Ons sal maar
dophou en duimvashou dat sy more weer haarself sal wees...

2011-06-09

Bang ek gaan NIE dood nie

Die afgelope drie dae was maar rof. Ek het erge verkoue maar het gaan
werk en nog elke aand kitaar gespeel by die pinksterdienste.

Ek het gister gespot en gesê ek het die stadium waar mens hoop jy gaan
eerder maar dood heeltrmal oorgeslaan. Ek het sommer reguit na die
"bang wees ek gaan nie dood nie" gevorder.

Ek hoop net Anné en Elsoné spring dit vry...

2011-06-06

'n Halwe Jaar

Vandag is Elsoné presies 6 maande oftewel presies 26 weke of dan 182
dae gelede gebore. Aan die een kant kan ek nie glo dis al 'n halwe
jaar nie, maar aan die ander kant is dit lekker om saam met haar die
paadjie "treetjie-vir-treetjie" so ver te kon loop. Sy is gelukkig nie
oorhaastig met haar grootwordery nie, daar is nog nie tande nie, sy
kruip nog nie en sit skaars op haar eie so ons kan darem nog so
min-of-meer byhou.

Ek vermoed dat ons skaars ons oë uitgevee sal hê en dan is sy "'n
Volle Jaar" oud...

2011-06-03

You have an MMS message!

view to the message. (Note that you cannot reply via your email's reply function)


Dankie Mooi Mooi

Ek en jou ma ekon vanaand na 'n mandjie-dans toe gaan en jou saan vat. Bo dit alles het jy lekker geslaap terwyl ek en Mamma die danskans BAIE geniet het.

Eendag as jy dalk hierdie inskrywing lees kan jy dit reken as die eerste regte betoning van dankbaarheid teenoor jou in jou lewe so ver.

Message delivered by vodacom

2011-06-02

Weer sleg

Ek was al weer sleg met die bloggery, ai, sonder goeie rede. Weer moet ek maar staat maak op die fotos wat geneem is.

Al wat ek kan sê is dat Elsoné definitief grootword. Ons kan dit aan haar lyfie voel, ons kan dit aan haar gewig voel, ons kan dit aan haar interaksies sien en sy bly maar NET 'n plesier.

So, hier is 'n paar fotos van die afgelope maand...

Hopelik vertel die fotos se onderskrifte die verhaal. Pause hom en werk hom deur met die pyltjies om die fotos kans te gee om te laai sodat die onderskrifte kan by hou.