Dis nou al Woensdag en ek wou al laas Donderdag hierdie inskrywing gemaak het. Dit verduidelik hoekom dit voel of die tyd so gou verbygaan - dit doen...
Al wat ek toe wou sê is dat ek en Anné gaan golf speel het Donderdag. Dit was nou al die derde poging gewees om dit gereël te kry, maar hierdie keer het die planete in 'n ry gestaan dat dit uiteindelik kan gebeur.
Dit was die eerste keer wat ek en Anné saam kon gaan golf speel sedert laas jaar die 13e Julie toe ons op vakansie was. Dit was ook die eerste keer wat ons vir so lank saam sonder Mooimooi was - nie dat ons dit nodig gehad het nie.
Dit was baie lekker. Anné het my 'n goeie "go" gegee op die eerste agt gate - daar was net een punt in dit. Maar sy was baie moeg gewees by die halfpadpunt en haar wiele het heeltemal afgekom met die tweede nege. Daar was nie 'n karretjie te huur vir die tweede nege nie so sy moes maar stap.
Ons het so bietjie skuldig gevoel oor ons vir Elsoné so op haar eie los, maar aan die ander kant was dit baie lekker om so bietjie ons eie ding te doen.
Raak nou Erg
Ek besef elke nou en dan hoe erg ek oor haar raak amper tasbaar. Ek kan dit nie regtig beskryf nie, so ek gaan nie eers probeer nie.






