Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-01-01

En toe's dit 2011

Ons het gisteraand tot 00h30 die honde moes rustig hou om te keer dat hulle vir Elsoné wakker maak. Sy is toe in elk geval 01h30 wakker en voed toe tot 02h30 en is toe weer 05h30 wakker gemaak. So, sy het net 3 ure slaap ingekry gisteraand. Toe ons opstaan het ons nog 'n bietjie met haar gestoei en ek het haar later aan die slaap gekry. Anné het toe darem so vir 'n uur en half slaap ingekry. Elsoné het toe nou net 'n halfuur terug weer wakker geword en daar word nou gevoed.

Ons weet nie lekker wat die probleem is dat sy so die heel tyd wil eet. Anné wonder of sy dalk net haar dors geles kry, maar nie haar honger gestil kry nie - sy drink tog goed en haar maag word vol, maar sy raak nie rustig nie. Sy het nou al vir Manus gebel en hy wonder of sy nie dalk dehidreer weens die hitte nie en a.g.v. daarvan die heel tyd wil drink, m.a.w. dors bly. Rachelle kon ook nie regtig raad gee nie.

Maar ons is nie bekommerd nie, is maar net 'n bietjie teruggeruk aarde toe om te besef dit gaan nie altyd maklik wees nie. En Anné raak moeg. So ek probeer maar doen wat ek kan i.t.v. doeke ruil en baba aan die slaap probeer kry en sterilisering van babagereedskap en so aan, maar dit bly voel of dit nie genoeg is nie. Ek sou raai dat die hoofrede daarvoor is dat die situasie nog nie lyk of dit gaan verbeter nie. Wanneer sy weer goed slaap sal alles weer beter raak, en sy gaan weer goed slaap. Ons moet nou begin om 'n roetine te vestig en hierdie is seker maar net 'n klein deeltjie van daai proses.

In elk geval, ek is gister in die rede geval toe Elsoné aan die slaap geraak het, en ons moes eet. En toe begin die klappers... Maar nou is ek vir die eerste keer weer rustig (of dalk ledig) genoeg om my sê klaar te sê na gister se kortaf einde tot die inskrywing.

Daar is weer sprake van 'n Two Oceans avontuur. Ek het eergister vinnig gekyk wat die situasie rondom dit is. Daar is heelwat marathonne waarmee ek en Tim kan kwalifiseer - die Postnet PMB marathon is nie die eerste geleentheid nie. Die eerste geleentheid is al einde Januarie, maar dit is dalk 'n bietjie vroeg. Ons sal waarskynlik eerder vroeg in Februarie dit aanpak. Dit sal beteken dat daar dalk genoeg tyd sal wees om 'n inskrywing te kry en om vliegkaartjies vir 'n billike prys te kry. Eergister was daar nog net 1200 inskrywings vir die ultramarathon uit 11000. Die halfmarathon se inskrywings was feitlik vol - 11000 van die 11500 al klaar ontvang. En verder kon ek vliegkaartjies eergister koop vir die Donderdag voor Paasnaweek tot die Woensdag daarna vir ons drie teen R3000 retoer. So, Two Oceans kan nog gebeur. Ons moet net daai marathon gedoen kry en maklik oorleef.

Ek en Halvar het gister ook vir oulaas in 2010 'n rondte golf gaan speel by RBCC. Dit was regtig lekker al het ons 'n bietjie natgereën en die golf was nie te watwonders nie. Ons het lekker gekuier en daar was baie hoop vir 'n goeie 2011 golfseisoen. Ek het op 'n stadium 4 baansyfergate kon neerskryf en eindig toe die eerste 9 (eintlik 10 by RBCC) na dit met 'n enkelbrouhou - nie te sleg nie. Ek draai toe met 'n 48 en voel toe warm en reg vir die tweede rondte. Die eerste gat het oraaiterig gegaan, maar toe kom die wiele af en ek het nooit daarna weer 'n lekker gat gehad nie - eindig toe met 52 saam met die 48 wat beteken ek het weer nie 'n sub-honderd (nou die dag se Empangeni rondte) opgevolg met nog 'n sub-honder rondte nie. Maar dit was lekker.

Ek het toe vir Halvar gesê ek sal my damesbofskuld (ek het met twee houe nie by die 4e se damesbof verbygekom nie) by die huis betaal - ek had net die twee Nye op my brein omdat sy so sleg geslaap het die vorige aand. Toe ons by die huis kom was alles relatief rustig en het Elsoné selfs aan die slaap geraak. Ek en hy het baie lekker gekuier en hy is na die derde bier huis toe.

Ons drie het toe bietjie geslaap - dit was so 13h30, vermoedelik vir so twee ure. En soos ek gesê het had ons nog illusies oor jaareinde fier (weer daai 'f" waaroor ek nie seker is nie, maar niemand help my ook reg nie) op 'n manier - maar toe begin die sports wat ek so gesukkel het om hier neer te pen gisteraand.

Maar eintlik maak dit nie nou meer saak nie. Elsoné slaap nou rustig en die Kaap voel weer Hollands, Zoeloeland ook; maar vir hoe lank ... ?

No comments:

Post a Comment