Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-02-15

Die groot M

Die afgelope lopende week was oorheers met Sondag se
Marathonhardlopery. Dit het toe eintlik baie goed gegaan. Ek en Tim
kon die heel pad saam hardloop en ons tyd was toe 4h11m. Ons kan nou
inskryf vir 2oceans, maar op hierdie stadium kry ek myself nogal
jammer. Ek is maar styf en sien glad nie uit na more oggend se eerste
hardloop na die naweek se kapperjolle nie.

Wat die logistiek van die afgelope naweek betref het ons
Saterdagoggend deurgery en gaan rondloop in Gateway met die idee om 'n
karstoeltjie te soek vir die Mazda maar wat ook sal diens doen as die
huidige een te klein raak. Ons het op die ou end besluit ons het dit
nie dadelik nodig nie want ons het besef ons gaan tog nog in die Mazda
ook kan regkom met die huidige, net met moeite.

Ons is toe so 15h00 by Oom Hennie gewees en het vir René ontmoet. Sy
het dadelik vir Elsoné "gegryp" en met haar gekuier. Ek en Oom Hennie
is toe Saterdagmiddag gou resiesterein toe vir my registrasie en ons
het die roete gaan ry.

Ons het baie lekker geëet en gekuier maar ek moes uit die aard van die
saak vroeg gaan slaap. Ek is toet 03h45 op om te stort en reg te maak
vir die marathon. Oom Hennie het my toe gou gevat en 5 uur spring ons
toe weg.

Dit was eintlik 'n belewenis en ek kan al hoe makliker sê dat ek dit
geniet het. Ons het baie goed gehardloop en was klaar met die eerste
halfM in 'n uur en 53 min. Teen 3 ure is ons toe by 32 km verby en ons
het nog vir so 3 km gedink ons kan sub 4 ure hardloop, maar dit was
net te rof en die laaste paar bulte en kilos het ons gebreek. My bene
se spiere het almal begin protesteer en die laaste 7 of so kilos het
die heeltyd dreigende krampe opgelewer.

Maar ons het dit gedoen en ek is baie bly en trots daaroor.

Ek het Sondagoggend nog so bietjie geslaap voor ons geëet het en ons
het nog lekker gekuier. Ons het so 16h00 gery en was omtrent 18h30 by
die huis. Ons het net vir Elsoné gebad en toe self kom slaap.

Dit was maar 'n taaierige naweek wat sy natuurlik net weer baie goed
hanteer het, maar dit het haar maar ontwrig en sy was maar huilerig
toe ons by die huis kom.

Maar sy bly my Überbaba.

No comments:

Post a Comment