Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-02-15

Valentynsdag Reloaded

Ek het gisteroggend opgestaan met my stywe bene om Eloné melk te gee
hier teen 4 uur se koers. Ek was wakker vir een of ander rede en het
gedag ek hoef nie te wag vir Anné om op te staan nie. Toe sy wel
wakker word het di geklink of sy skrik toe ek nie in die bed is nie en
vir Elsoné sorg. Ek doen dit amper nooit en sy wou net weet hoekom sy
nie gehoor het nie ensovoorts. Maar Elsoné het my net so 'n halfuur
besig gehou en ek kon weer kom lê.

Ek het toe so 6 uur opgestaan en Ovi music vouchers vir Anné gekry om
te gee saam met haar nuwe Bok CD wat ek Vrydag na werk gaan koop het.
Ek het koffie gemaak haar 'sentjie gegee en reggemaak vir werk. Had
nogal 'n besige dag, maar toe ek by die huis kom het Anné vir ons 'n
lekker ete beplan en sjampanje (MCC) gekoop.

Sy het diepgebraaide kalamari gemaak - iets waaroor ek al lankal kerm
vandat LourensD dit daai een aand op die vuur by die skibootklub
gemaak het.

Ons het baie lekker gekuier en geëet en die sjampanje en 'n bottel
Café Pinotage is vanoggend dooie soldate.

Gelukkig het ek vandag die E# projekafskop by die multisportklub gaan
bywoon, so daar was nie rooi balle om te trek nie en die wingedgriep
was nie te teenproduktief nie.

Maar ja, ons eerste valentynsdag wat dit nie net ons twee is nie was
baie spesiaal. Ek het Elsoné gebad, maar sy was maar weer nie 100% in
'n bemarkbare bui nie en wou nie lekker drink nie. Ek het haar toe
later maar laat slaap. Maar om terug geruk te word na realiteit het sy
wakker geword en geroep vir melk die oomblik wat Anné se lekker ideale
warm seekos opgedien was. Ons moes toe verigtinge so bietjie uitstel
om haar toe nou eers gou te sorg.

Maar ek moet sê dit het regtig nie saakgemaak nie en ek hou aan om
verras te word met hoe ons al hierdie goed wat nou anders gebeur in
ons huis net in ons "stride" vat. Dit laat my dink aan wat Mamma gesê
het 'n week of wat voor Mooimooi gebore is toe ek sê ek is
senuweeagtig oor alles wat gaan verander. Sy het toe net gesê 'Baie
verander, maar ook nie baie nie...'

No comments:

Post a Comment