Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-02-07

Om pa te wees?

Ek weet nie of ek dit al is nie ("Maklik om pa te word, moeilik om pa
te wees"), maar een deel daarvan om pa te wees het ek vandag ervaar.
En dis glad nie een van daai wonderlike goed wat 'n mens se hart laat
swel van trots of jou so vreeslik laat goed voel oor die feit dat daar
'n kroos in jou nessie is nie.
Nee, dis meer soos een van daai goed waar hulle sing "Pappa maak dit
reg ... Ons ander is te sleg ...". Die woordjie "sleg" het niks
hiermee uit te waai behalwe die rymery.
Toe ek by die huis kom het ek skaars gegroet gehad toe ek moes
inspring om te sien hoekom die Honda se battery skielik pap geword het
en Anné verhoed het om te gaan werk vandag of kruideniersware te
koop. Toe ek die Honda aan die gang het, is ek gou PnP toe. By die
huis aangekom het ek die karstoeltjie in die Mazda maak pas (al sy
sitgordels is te kort) sodat ek more met die CR-V se battery kan
sukkel i.p.v. Anné.
En al die gespook het beteken dat ek vir Elsoné miskien vir 'n volle 5
minute wakker gesien het.
Daar was al voorheen sulke dae en daar sal nog wees, dis my
verantwoordelikheid om partykeer agter die skerms te sweet. En dis
oraait, want ons het 'n wonderlike naweek gehad.
Ek en Anné het lekker gesit en fotos kyk na ete terwyl ek die wat ek
opgesit het gesoek het. Ons het ook na van die gekyk toe sy nog net 'n
paar daggies oud was. Ons verkyk ons aan hoe los haar kleertjies gesit
het en hoe maer sy was.
Die tyd vlieg, elke stonde geld ...

No comments:

Post a Comment