Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")
2011-03-14
Steeds 'n plesier
Sy het laas week ook begin om hardop te lag, nie net glimlag met 'n koer nie, lag. Dis wonderlik. Sy lag nog nie so gereëld nie, maar dit maak dit ekstra lekker as sy wel lag.
Die naweek was mal warm gewees. Saterdag het die kwik gedraai by 38 °C en Sondag toe ek bietjie gaan golf speel het was dit bewolk tot so 09h30 se koers, maar toe die son daar uitkom was dit weer iets verskrikliks - so ongemaklik as wat ek al op 'n golfbaan was, dit laat my dink aan die eerste rondte wat ek Anné en MarkK by Empangeni gaan speel het toe ons net hier in Zoeloeland aangekom het.
Na die golf het Halvar en Chantel sommer hier kom help braai aan 'n hoender in die Weber en ons het baie lekker gekuier. Elsoné was so in en uit by ons onder die lapa soos sy wakker was en geslaap het. Ek is nog steeds baie dankbaar dat sy ons tot 'n groot mate toelaat om aan te gaan met ons lewens soos ons dit geken het. Maar dit moet dalk net bygesê word dat Anné dit seker nie heeltemal so beleef nie - sy is permanent met Elsoné besig, al is dit so natuurlik en ongesiens.
Ek is maar tog 'n bietjie onseker oor die naweek wat Anné Praag toe gaan en ek en Elsoné na mekaar moet kyk - die laaste ruk was ek nie so fluks met haar gewees nie. Sy was nou-nou niks lus vir haar bottel toe ek haar klaar gebad het nie; wou net haar fopspeen hê en slaap. Ons het haar neergesit dat sy maar kan slaap, maar Anné wou haar net gou toedraai voor sy haar neerlê. Ek het gedag ek moet gou iets hier kom skryf en het kom sit. Anné is nou nog daar, so sy het seker weer probeer om bottel te gee en Elsoné is nou rustiger, so sy drink. Ek hoop nie sy was onrustig omdat sy maar vreemderig vir my is as sy moet bottel vat na badtyd nie - maar ek dink darem nie so nie.
Sy's pragtig en 'n plesier om te sien. Ek kan nie glo watse uitwerking sy op my het nie.
2011-03-09
2011-03-07
Okay, dit was rof!
Ek moet herken, en die een of twee van julle wat nog lank genoeg vasgebyt het om hierdie te lees sal weet, dat ek nie die "voorbeeldigste" blogger is wat konsekwentheid betref nie. As 'n voorbeeld: ek is al meer as 'n maand agter met Elsoné se weeklikse fotos onder die opskrif van hierdie blog.
Ons het vanaand iets nuuts probeer. Anné het vir ons ordentlik inkopies gaan doen so 'n week of twee voor Elsoné aangekom het. Ons het so omtrent twee weke terug besef ons moet dit sterk oorweeg om weer vir ons te gaan inkopies doen. Die besluit was toe om die grootse taak aan te pak vanmiddag na werk. So gesê so gemaak.
Alles het eintlik heel goed gegaan - Anné het die trollie volgemaak en ek het vir Elsoné vermaak en in haar karretjie rondgestoot. Daar was nie groot drama nie totdat Anné die Jump-o-Lene kasteel gesien het wat ons nou al 'n hele ruk soek vandat ons een by Conrad-hulle gesien het. Die ding was bo-op die vrieskaste in Pick 'n Pay, styf ingepak tussen ander bokse. Nadat ek vir Elsoné en haar karretjie staangemaak het langs my het ekgerek en die boks afgehaal. Maar met die afhaal het die boks langsaan, natuurlik aan Elsoné se kant afgeval, bo-op haar en die karretjie. Ek het my bes probeer om dit te keer sonder om die ander groter boks ook op haar te laat val. Sy het definitief geskrik maar nie te erg nie, maar haar pa het heelwat meer geskrik. Ek kon net nie help om te dink wat sou gebeur as die bok met sy hoek op haar geval het nie. Snaaks hoe 'n mens aan veiligheid dink op plekke waar dit duidelik is dat iets onveilig is maar, wat kan nou onveilig in 'n Pick 'n Pay wees.
Dit het my laat besef dat Elsoné se welsyn vir my belangriker is as wat ek dink of besef, of beheer het oor. As dit met enige iemand anders sou gebeur sou dit vir my so maklik wees om dit net af te skryf en te sê "Vergeet nou daarvan, niks het mos gebeur nie." Maar in hierdie geval was dit net nie so maklik nie. Ek is nou oraait, maar om op daai stadium te dink aan wat kon gebeur het my tee goed geroer.
Nou ja, wat die inkopies doen op 'n weeksaand betref - die jurie is nog uit of dit in die afsienbare toekoms 'n volgende geleentheid gaan kry. Maar ons het toe gaan probeer om ons wonde te lek by Panarotti's en kon darem ons voorgereg (daai twister goeters van hulle) en 'n sny pizza elk inkry. Maar Elsoné het ook op daai stadium laat te kenne gee dat sy nou nie meer van die speletjie hou nie en wil huis toe en gaan slaap. Nou ja, ons het darem lekker take-aways vir middagete more.
End dis nou 20 oor agt in die aand. Ons almal is in die bed en reg om uit te pass (die wat nognie uitgepass het nie). Ek is vanoggend 04h15 al op om 13 km te gaan hardloop, PieterG was by.
Ek het my weer opgewerk oor Tim se vooruitgehardlopery en het toe besluit ek gaan net vir hom sê dat dit "op my spiere werk". Ek het vasgebyt en vir hom gesê op pad werk toe. Ek is baie bly ek het dit gedoen. Niks het verander nie, maar ons kon vinnig daaroor gesels weet en verstaan weer waar ons met mekaar staan. Ons het nog baie om te doen ter voorbereiding vir die Two Oceans (ek het nog steeds nie ingeskryf nie), maar eintlik vorder ons baie goed.
Ons is regtig besig by die werk, maar alles is darem interessant en lekker bevredigend.
2011-03-04
Sy vat houe
Ons hoop maar as haar magie vol is en sy het rustig geraak sal sy lekker kan slaap. Sy het definitief rustiger geraak nadat sy gebad het, so kom ons hoop sy kan goed slaap ook - dit sal haar baie goed doen.
2011-02-25
Teken in met vonkpos
2011-02-23
Ons Eie Mensie
2011-02-16
Fotos: Mooimooi en die groot M
| Sommer net 'n mooie van Mooimooi wat ek moes opsit |
| Dit was rondom 36 km gedurende die Hillcrest marathon. Pyn was teenwoordig ... |
| Elsoné met 'n langmou babygrow aan in die diep somer. Een van Anné se planne om haar te help deurslaap. |
| Sy het haarself gevoer toe ons Saterdag gepak het om Hillcrest toe te gaan. |
| Mooimooi die narretjie |
| Elsoné se eerste bad in 'n groodmensbad. |
2011-02-15
Valentynsdag Reloaded
hier teen 4 uur se koers. Ek was wakker vir een of ander rede en het
gedag ek hoef nie te wag vir Anné om op te staan nie. Toe sy wel
wakker word het di geklink of sy skrik toe ek nie in die bed is nie en
vir Elsoné sorg. Ek doen dit amper nooit en sy wou net weet hoekom sy
nie gehoor het nie ensovoorts. Maar Elsoné het my net so 'n halfuur
besig gehou en ek kon weer kom lê.
Ek het toe so 6 uur opgestaan en Ovi music vouchers vir Anné gekry om
te gee saam met haar nuwe Bok CD wat ek Vrydag na werk gaan koop het.
Ek het koffie gemaak haar 'sentjie gegee en reggemaak vir werk. Had
nogal 'n besige dag, maar toe ek by die huis kom het Anné vir ons 'n
lekker ete beplan en sjampanje (MCC) gekoop.
Sy het diepgebraaide kalamari gemaak - iets waaroor ek al lankal kerm
vandat LourensD dit daai een aand op die vuur by die skibootklub
gemaak het.
Ons het baie lekker gekuier en geëet en die sjampanje en 'n bottel
Café Pinotage is vanoggend dooie soldate.
Gelukkig het ek vandag die E# projekafskop by die multisportklub gaan
bywoon, so daar was nie rooi balle om te trek nie en die wingedgriep
was nie te teenproduktief nie.
Maar ja, ons eerste valentynsdag wat dit nie net ons twee is nie was
baie spesiaal. Ek het Elsoné gebad, maar sy was maar weer nie 100% in
'n bemarkbare bui nie en wou nie lekker drink nie. Ek het haar toe
later maar laat slaap. Maar om terug geruk te word na realiteit het sy
wakker geword en geroep vir melk die oomblik wat Anné se lekker ideale
warm seekos opgedien was. Ons moes toe verigtinge so bietjie uitstel
om haar toe nou eers gou te sorg.
Maar ek moet sê dit het regtig nie saakgemaak nie en ek hou aan om
verras te word met hoe ons al hierdie goed wat nou anders gebeur in
ons huis net in ons "stride" vat. Dit laat my dink aan wat Mamma gesê
het 'n week of wat voor Mooimooi gebore is toe ek sê ek is
senuweeagtig oor alles wat gaan verander. Sy het toe net gesê 'Baie
verander, maar ook nie baie nie...'
Die groot M
Marathonhardlopery. Dit het toe eintlik baie goed gegaan. Ek en Tim
kon die heel pad saam hardloop en ons tyd was toe 4h11m. Ons kan nou
inskryf vir 2oceans, maar op hierdie stadium kry ek myself nogal
jammer. Ek is maar styf en sien glad nie uit na more oggend se eerste
hardloop na die naweek se kapperjolle nie.
Wat die logistiek van die afgelope naweek betref het ons
Saterdagoggend deurgery en gaan rondloop in Gateway met die idee om 'n
karstoeltjie te soek vir die Mazda maar wat ook sal diens doen as die
huidige een te klein raak. Ons het op die ou end besluit ons het dit
nie dadelik nodig nie want ons het besef ons gaan tog nog in die Mazda
ook kan regkom met die huidige, net met moeite.
Ons is toe so 15h00 by Oom Hennie gewees en het vir René ontmoet. Sy
het dadelik vir Elsoné "gegryp" en met haar gekuier. Ek en Oom Hennie
is toe Saterdagmiddag gou resiesterein toe vir my registrasie en ons
het die roete gaan ry.
Ons het baie lekker geëet en gekuier maar ek moes uit die aard van die
saak vroeg gaan slaap. Ek is toet 03h45 op om te stort en reg te maak
vir die marathon. Oom Hennie het my toe gou gevat en 5 uur spring ons
toe weg.
Dit was eintlik 'n belewenis en ek kan al hoe makliker sê dat ek dit
geniet het. Ons het baie goed gehardloop en was klaar met die eerste
halfM in 'n uur en 53 min. Teen 3 ure is ons toe by 32 km verby en ons
het nog vir so 3 km gedink ons kan sub 4 ure hardloop, maar dit was
net te rof en die laaste paar bulte en kilos het ons gebreek. My bene
se spiere het almal begin protesteer en die laaste 7 of so kilos het
die heeltyd dreigende krampe opgelewer.
Maar ons het dit gedoen en ek is baie bly en trots daaroor.
Ek het Sondagoggend nog so bietjie geslaap voor ons geëet het en ons
het nog lekker gekuier. Ons het so 16h00 gery en was omtrent 18h30 by
die huis. Ons het net vir Elsoné gebad en toe self kom slaap.
Dit was maar 'n taaierige naweek wat sy natuurlik net weer baie goed
hanteer het, maar dit het haar maar ontwrig en sy was maar huilerig
toe ons by die huis kom.
Maar sy bly my Überbaba.
