Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-02-06

Terug na normaal

Ons het gister nog so bietjie kon sien dat Elsoné nie 100% 'herstel'
het na die inentery nie, maar vandag was alles weer soos ons dit
gewoond was, al het ons weer gekarjakker gisteraand.

Ek het vroeg gister oggend gou vir Conrad die CR-V gaan wys, hy't sy
1e generasie een verkoop en wou sien of hy dalk hierdie model moet
oorweeg. Dit lyk of hy nou dit oorweeg, maar 'n FR-V is ook in sy
agterkop.

Ek het gister die hekmotor opgesit, maar nie klaar gemaak nie. Alles
is gedoen maar ek het nie by die elektrise bedrading uitgekom nie. Ons
het gister 18h15 lekker by Conrad-hulle gaan braai. Die Lemmers was
ook daar en daar was eweveel kinders as nie-kinders. Dit lyk my ons is
nou in daai league, maar ons het lekker gekuier met al die kiddies so
om ons. Die tweeling is baie naby aan loop en hulle is tog te oulik.

Ek het vanoggend gou 10 km rustig gaan doen met die hoop dat die
verkoue iets van die verlede sal wees, wat dit grootliks is, maar ek
kon nie my hartklop onder 160 spm handhaaf nie - iets wat ek maklik
Dinsdag by die tydtoets kon doen.

Toe ek by die huis kom het ek die brakke geleiband terwyl Anné vir
Elsoné in haar karretjie gestoot het en ons was driekeer om die blok
wat Anné ook so bietjie gehardloop het. Dit gaan maar swaar, sy sê dit
voel of al haar binnegoed rond skud en dis baie moeilik om hardloop
vol te hou, maar sy het begin oefen, wat die belangrikste is. Dit was
nou die 2e keer wat sy bietjie gehardloop het, so dit sal nog moeilik
wees, maar sal ook elke keer makliker gaan.

Ons het toe bietjie geswem, met Elsoné rustig in haar karretjie onder die lapa.

Na die swemmery het ons bietjie gemuf en Anné het toe later kos gemaak
terwyl Elsoné so lekker by my gesit het terwyl ek rondgekarring het op
die rekenaar.

Ons het die hele dag lank baie rustig verkeer en ek het nie by die hek
se bedrading uitgekom soos wat die plan was nie.

Elsoné se nekkie raak by die dag sterker en sy het netnou toe sy by
Anné gesit het sommer haar kop kon optel om na die die lig deur die
venster in die TV kamer te kyk. Dit was te mooi en ek het gewens ek
had 'n kamera byderhand, maar ek het ook besef mens sal nie al die
oomblikke kan verewig nie en party moet 'n mens maar net die oomblik
op die outydse manier geniet. Daai gesig van die twee pragtige meisies
in my lewe sal nog 'n rukkie met my wees.

Elsoné is 'n pragtige dogtertjie. Maar ek sê vir Anné dis omdat ek
subjektief is dat ek so dink. Sy dink nie dis net subjektiwiteit nie,
sy reken Elsoné is vir objektiewe mense ook mooi, maar ek dink nie dit
maak regtig saak nie. Vir my is sy absoluut pragtig!

En nou is sy weer haarself ook nog, wat hopelik weer sal beteken dat
sy goed gaan slaap vanaand.

2 comments:

  1. Jy is nie subjektief nie. Sy is pragtig, veral op die laaste foto's.

    ReplyDelete
  2. @Herman
    Ek sal jou die binnevet van die boud gee as jy sê ek is nie subjektief nie. Maar aan die ander kant is jy familie, so daar is natuurlik 'n kans dat jy ook subjektief kan wees. Ek dink dit is genoeg bewys, sy is regtig pragtig totdat iemand ons twee verkeerd bewys ...

    Good luck vir daai ene!

    ReplyDelete