Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2011-02-05

Slaap darem

Okay, sy slaap darem, maar het net 50 ml melk ingekry, so sy gaan
seker nie lank slaap voor sy weer wakker word nie.
Ek het hierdie eintlik so 19h00 gisteraand geskryf.

2011-02-04

Nie ons Elsoné nie

Nou ja, sy is definitief nie so tevrede met die lewe soos gister
hierdie tyd nie. Sy is huilerig en voel derinitief nie lekker nie.
Anné gaan haar gou bad, kom ons hoop sy drink lekker en slaap oraait.
Maar, sy sal fine wees en alles gaan oor 'n week ou nuus wees.

Shot!

Elsoné het haar inentings gehad en is nog haarself. Ons het gou 'n
draai by E&I gemaak en sy is all smiles.

Sy is ook geweeg en gemeet:
4.5 kg en 58.5 cm en suster Hutton reken sy is "socially advanced" wat
in Afrkaans beteken sy is 'n hansgat...

Supersterretjie

Mens sal dit nie glo nie, maar eergisteraand was nie 'n vloekskoot
nie, want sy het gisteraand weer so 20h00 aan die slaap geraak en
vanoggend eers 05h00 weer 'n bottel gesoek.

Anné sê sy was so 'n bietjie draadwerkerig gister deur die dag na die
baie slaap, maar darem nie te erg nie.

Vandag kry sy haar inentings...

2011-02-03

Sy's 'n ster

Elsoné het gisteraand van 19h00 tot 05h00 vanoggend geslaap! Sy groei
so goed en begin regtig nou al so bietjie te reageer op ons. Ek het
nou al agter gekom dat sy al die bottel herken met haar oë - sy sien
as hy nader kom en maak haar mond al vroeër oop as wat ek gewoond is,
maar sy moet honger wees.

Sy aard net nog nie so lekker in Zoeloeland se hitte nie en jaag haar
pa se elektrisiteitrekening op met al die lugversorgerverbruik.

Dit gaan goed en ek hoop dit sal aanhou goed gaan na haar inentings.
Ek is bietjie siekerig so ek hoop ek steek nie haar of haar ma aan
nie.

Anné was gister Gynie toe vir haar opvolgondersoek en alles het baie
goed gegaan.

2011-01-30

Nie veel van 'n blogger nie

Ek is so ver agter met die blog, maar ek kan sê dat dit baie goed gaan
en dat lewe wonderlik is. Ek tel my seëninge elke dag.

2011-01-23

Kerk Toe Gewees

Elsoné word more sewe weke oud en ons het onsself so ver gekry om reg
te maak vir kerk. Dit was lekker.

Fotos: Hottie(s)!

'n Paar fotos van my HOT vrou en my pragtige dogtertjie.
Ek help ook so nou en dan, regtig ...

Aksiefoto van die afloop van 'n 18h00 roetine.

Een van daai tone, haar ma reken dis my tone wat sy gekry het.

Sy het definitief nie haar ma se reguit styl hare gekry nie.
Ek weet ek is subjektief, maar daai is 'n
mooi dogtertjie!
Dit lyk altyd of sy dit geniet as daar hare geborsel word



Eerste keer wat sy die bybieghrou aan het.




Daai dag het die aanvoelbare temperatuur gedraai
by 41 grade C. Dis hoekom mens toegang tot 'n
swembad MOET hê hier in Richardsbaai. Die dat
Elsoné die eerste keer swem as sy nog nie eers
ses weke oud is nie.









2011-01-19

Goeie Nuus

Geen nuus is goeie nuus en dit is van toepassing op die blog vir die
afgelope paar dae wart ek skaars was. Elsoné gedra haar nog baie goed
behalwe dat sy te vinnig na ons sin (hoewel dit 'n gesonde pas is)
groei.

Haar gesiggie is al lekker rond, want sy drink tog te lekker aan die
blikmelk. Sy is die begin van die week weer geweeg en gemeet en sy
staan nou op 3.8 kg en 54 cm.

Anné moes net bontstaan om elke twee ure te sorg dat sy 'n bottel kry.
Ek wonder of sy nie nou warm kry met die dat ons net die waaier aansit
daar by haar nie. Ons sal dit maar dop hou.

Ek sal maar moet fotos opsit.

2011-01-16

Rustige Sondag Middag

Anné en John kuier in die huis terwyl hulle besig is om brood te bak
en slaai te maak terwyl ek en Elsoné die vuur oppas. Daar is 'n
hoendertjie en 'n varkfillet op die vuur...

Ek het gister weer 'n lekker ent gaan hardloop - 26 km en dit het
heelwat beter gegaan as laas week. Maar toe ek terug by die huis kom,
was ek maar weer kisboude en het ek in die swembad afgekoel, gestort
en ons al drie (saam met die brakke, so dis dalk "ons al ses") het toe
nog 'n bietjie gedut tot so 10h30 se koers.

Ons was gou daarna winkelsentrum toe, Anné moes 'n pilletjie kry vir
die borsmelk om op te hou - ons het waaiers gaan kry om te probeer om
weg te kom van die konstante lugversorgergebruik en ons het vir my nog
'n stel hardloopklere gekry. Ons het lekker rustig gaan middagete eet
by E&I en sien toe vir Lizaan en Eben. Hulle kan ook nie oor Elsoné se
kleingeid kom nie. Ds. Tertius het ook gou kom hallo sê.

Ons het toe huis toe gekom om te sien hoe om NIE 'n teiken van 190
lopies by Wanderers te jaag nie (ek het vir Anné gesê hier kom
moeilikheid toe AB uit is en ons nog 7 paaltjies gehad het om 120 odd
lopies te kry). Sy was baie teleurgesteld, maar ek is bly daar is 'n
lekker wake-up-call gewees voor die wêreldbeker. Kom ons hoop Kallis
maak die verskil. Maar die feit bly staan dat ons Proteas se balans in
die span nie so goed is sonder hom nie.

Elsoné was weer baie soet gisteraand. Sy het geslaap van 19h30 tot so
00h30 en toe eers weer 05h40 wakker geword. Sy het vanoggend lekker
laat by ons kom slaap in die bed en van kerk-toe-gaan-planne het daar
toe niks gekom nie...