Ek en Anné het gister 'n paar keer daaroor gesels dat ons nie kan glo 'n week is al verby nadat Elsoné haar opwagting gemaak het nie. Maar dit is soos dit is en ons begin al hoe meer gemaklik raak met die idee dat ons nou drie is. Ek sukkel nie meer so om haar Elsoné (in plaas van Baba) te noem nie, ons weet nou al tot 'n mate hoe om haar gelukkig te hou en dinge wil lyk asof dit al hoe gladder wil begin verloop.
Ek sê dit met baie dankbaarheid en waardering. Sy is nie siekerig nie, sy is nie huilerig nie en ons het soveel om voor dankie te sê. Maar ek weet die situasie is maar delikaat en 'n klein versteuring kan alles verander. Ek het Dinsdag laas week gevoel
Nietemin. Dit lyk of ons maters ons ook so 'n week gegee het om gewoond aan die idee te raak. Chantal, Henriëtte John en al ons selgroepmaters het gister so op 'n streep hier aangekom en oë gewys.
Maar dit het nie by oë wys gebly nie. Ek het drinkgoed aangebied toe die groep van hulle hier aangekom het, want Anné het nog op daai stadium gevoed. Lourens het daarop aangedring dat 'n sigaar gerook MOET word. Nou ja, een ding het tot 'n ander gelei (soos hulle in Holywood sê) en dit raak toe 'n lekker pizza partytjie. En Elsoné het die hele tyd tog te soet geslaap!
Ons het later in die bed gekom as wat ons sou wou, want ons moes vroeg aan die gang kom
PS.: Ek het nou net agtergekom die foto met die sigaar in my "bek" is die eerste volwaardige gesinsfoto van ons drie. Ons sal dit een of ander tyd moet regstel.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking