Na gisteraand se kapperjolle was dit nie so maklik as wat dit kon wees om betyds op te staan vir die trippie KSIA toe nie. Ons h
Nee man, ek grap net oor my skoonma, ek is baie erg oor haar, maar ek moet die grappies maak oor my "skoonmonster" soos dit 'n goeie skoonseun betaam. Ek is haar enigste (skoonseun), so daar is nie 'n president om te na te volg nie, net een om te skep...
In elk geval, ons het haar toe opgelaai en gou in Ballito se Picadilli Café gestop vir koffie en 'n brêkvisserigheid. Daar is natuurlik lekker ge-"oe" en ge-"aa" oor Elsoné en alles wat mooi en goed en fraai van haar is. Daar was ook ligte kommentaar gelewer oor ons braafgeid (domgeid?) om haar so jonk rond mee te karjakker.
Al die aandag wat sy dogter geniet laat natuurlik 'n pa se hart lekker swel; hy hou uiteraard sy "pose" en maak of hy alles gewoond is, maar skryf later die aand op sy blog daarvan (met fotos).
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking