Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2024-06-21

BigC'24 1️⃣ Begin START

En so begin ons resies, maar ons loop skaars. Ek neem 'n video van die ge-skuifel van die massas mense om my nog lank voor die wegspring banier oor ons koppe is. 

Die oomblik oor die "START"

Daar word deur duisende hardlopers en toeskouers spontaan gesing aan 'n Zoeloelied wat ek wens ek geken het om saam te sing. Die skuifel word 'n stap en ons herinner mekaar die heel tyd om te pasop vir katogies en ongelyke teer en randstene. 

Ons begin regtig draf en skielik is daar oral ouens langs die pad wat hulle bydrae maak tot die urine-reuk in die stad. Ek besef ek is heeltemal gemaklik met Moeder Natuur, sy roep nog nie na my nie.

Daar kom ons weer amper tot stilstand, want die skare hardlopers maak 'n bottelnek om die hoek van West en Russel straat. Ons is op die "binnebaan" en begin gou weer aan die draf kom. Die hoeveelheid mense is oorweldigend. As die hardlopers wat 'n kilometer voor ons op hoër stukke pad hardloop sien jy net hoe groot die Comrades regtig is - en mens kan nie eers amper die voorste ouens sien nie. Die resies is al 20 minute aan die gang en ons het so 1.8 kilometer al gedoen. Ek het nie 'n idee van hierdie vordering (of gebrek daaraan) nie want ek het myself oorgegee aan die oomblik en is baie rustig daaroor dat die eerste 6 km meer sa 50 minute gaan neem.

En toe is dit nie lank nie, of ek moet teen die opdraende uit begin om te karring aan my maters dat ons moet terughou en nie onnodig druk nie. Dis nie 'n sonde om nou al te stap nie.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking