Engelsmanne en -Vroue ("For those preferring English")

For those preferring English
"The aim with the 'Om Pa Te Word' (to become Dad) blog is to keep record of what transpires in Elsoné and our lives while the adjustment to her arrival still is extremely fresh and great. Let us see where this will take us ..." There is a translation facility lower on the page ("Other Languages")

2024-06-21

BigC'24 2️⃣ Eie Resies Begin

Dinge verloop soortvan volgens plan tussen die begin en die 80 km om te gaan bord. Ons groepie was bereid om die vroeë opdraendes te respekteer en die gesindheid vir die res van die oppe te begin vestig. Toe ons by 45th Cutting kom, is ek so 2 minute agter die sub-10 ure plan en ek noem dit vir PietJ. Ons is albei baie rustig daaroor - ek is rustig omdat ek weet die resies nog skaars begin het en hy is rustig omdat hy en die ander hardloopmaters mik vir 11 ure.

Maar, 45th Cutting het my verseker verras/verbaas. Ek en PietJ was op die stadium bymekaar en die ander 'n bietjie voor ons. Dit is 'n beduidende opdraende. Ons het hom sterk gestap en baie respek gegee. Maar dit was verseker vir my ook 'n verassing van hoe styl hierdie goed is en dat ons net eenvoudig nie sulke lang en styl bulte maklik hier in ons deel van Zoeloeland kan gewoond raak nie.

Ek onthou nie veel van die nonsens-praat of die roete vanaf 45th Cutting nie. Ek onthou net ons het almal lekker saam gehardloop en gekuier. Ek kan ook nie eintlik eers Cowies Hill self onthou nie. Ek onthou net vaagweg toe ons oor hom is (met respek) en ek die pad in Pinetown in herken het wat ek en die gesin Vrydagmiddag gery het om die roete te verken.

Hier rond het ek agter gekom ek is blykbaar heelwat gemakliker as my maters met die afdraendes en meer geneig om vroeër te begin loop vir 'n opdraende, so ek het al hoe minder treë direk saam met hulle gehardloop. Ek het die heeltyd probeer rondkyk en net weet waar hulle was. Êrens in Pinetown het PieterG vir my gevra "Voel jy ook jy wil darem bietjie vinniger op die afdraendes hardloop?". Dit was my gevoel, ja, maar ek het ook by die 70 km oor merk gesien ek is nou so 7 minute agter die 10 ure plan en moes my eie resies begin hardloop. Ons twee het omtrent tot by die tonnel in Pinetown saam gehardloop, en ek dink nie ek het hulle weer gesien nie - al het ek hoeveel keer omgekyk om my maters te sien en dalk te groet.

En so kap ek toe maar aan, nou alleen, met FOMO sonder my maters. En ek hoor toe 'n pa vir sy (bekommerde) dogter sê "net hier om die draai". Toe wonder ek, wat is dit? Fields Hill? En ja, my pace-notes het dit bevestig. Die deel van die resies wat my die meeste laat voel het soos 'n groentjie was net hier voor ons...

'n Google Street View skermskoot van Fields Hill




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking